[Foto’s] Twee vas oor reuse-perlemoenvonds

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mans is laat Woensdagaand in Lwandle naby die Strand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat perlemoen ter waarde van R800 000 in hul besit gevind is.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes van die Kaapstadse honde-eenheid het gedurende ʼn roetinepatrollie op die N2 in die rigting van Sir Lowry’s Pass ʼn vragmotor gewaar wat ʼn Opel Record-motor vervoer. “Die beamptes het onraad gemerk toe hulle sien dat die Opel ʼn Limpopo-registrasienommer het en die hele voertuig binne met duvets bedek was,” het Rwexana gesê.

Die beamptes het die voertuig agternagesit en naby Lwandle voorgekeer. Hulle het opgemerk dat daar vloeistof uit die Opel drup. “Nadat die beamptes die duvets verwyder het, het hulle gesien dat die hele voertuig binne en die kattebak stampvol sakke perlemoen gepak was.”

Twee mans, onderskeidelik 28 en 29 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die onwettige besit en vervoer van perlemoen. “Daar is op 5 626 ontskulpte perlemoen ter waarde van R800 000 beslag gelê, ” het Rwexana gesê.

Die mans sal Vrydag in die Strand-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

philip ·

Yep so werk dit maar , en ons mag nie eens 1 uithaal nie , word met “hawk eyes” dopgehou deur die persone wat eintlik die stroping moet keer, maar in werklikheid te bang is vir die stropers.

NEL ·

Phillip, stem saam. Wonder waar is die boot Saartie Baardman wat aangekoop is vir miljarde rande en dit word nie meer gebruik om die stropers te vang en ons viswater te beskerm nie.

Die boot le ook seker in Simonstad en vergaan want dit is ‘n werk om uittegaan en die spul smokkelaars aan te keer. Sit liewers en niks doen en wag vir die salaris op die end van die maand.

Beswaard ·

Daai boot lê vanaand hier by Dyereiland. Hulle beteken niks, want die stropers sal in die water wees met hulle wat daar geanker lê sonder om ‘n vinger te verroer om die stropers uit die water te haal, maar die vissermanne wat met hulle ski bote wettig visvang word geteister en permitte nagegaan. En bewaar jou siel as jy ondermaat of oor jou kwota is!

KarooKlong ·

Twee op en wakker lede van die Kaapse Honde Eenheid. Puik gedoen.

Anoniem ·

Eish! Wonder hoe RUIK daardie motor se binnekant na dese?

Lance ·

Kuswag kuspolisie wie dit ookal is …doen en BEGIN asb julle werk doen VOOR dit in motors gevind en hulle reeds dood is en stink dat die honde dit dan ruik ! Genade gaan ons kuspatrollie OOIT bykom en n verskil begin maak !

Ronell ·

Daar is nie meer ‘n kuspatrolie nie en al die bote lê in die droog dokke of op die wal in Simonstad. Die een vir parte vir die ander en die ander in hulle kanon in die water. EEEEEn niemand kan die goete aan die gang kry nie of vaar nie. Hehe… Afrique de Muuurtoe…!

Johan 2 ·

Hoe klink dit v my die kaap begin ook agterkom wat aangaan in HUL “nuwe” SA?

John ·

Solank ons die Ooste smeek vir… gee, gee, sal ons nie kan/wil kla oor hul… gryp, gryp nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.