Foto’s: Twee vas oor toertrok vol onwettige sigarette

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee buitelanders is in hegtenis geneem nadat die polisie op duisende kartonne onwettige sigarette beslag gelê het in ʼn vragmotor in Brackenfell in die Wes-Kaap.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Wes-Kaapse honde-eenheid het inligting ontvang oor ʼn safaritoer-vragmotor wat Suid-Afrika by die grens met Zimbabwe binnekom het op pad na Brackenfell. Die polisie het verneem dat onwettige goedere daarin vervoer word.

Volgens Traut is polisiebeamptes na ʼn pakhuis in Silverpark waar hulle die vragmotor gevind het. Die beamptes het die vragmotor deursoek en ʼn versteekte kompartement gevind wat gevul was met kartonne onwettige sigarette.

Traut het gesê kartonne sigarette is ook in ʼn toilet in die pakhuis gevind. Hy het gesê daar is op 4 600 kartonne sigarette ter waarde van R1 miljoen beslag gelê.

ʼn 39-jarige Zimbabwiër en ʼn 30-jarige man van Jordanië is in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

gerrie ·

Sigarette is so vrek duur.ek sal smokkel goedkeur as dit goedkoper is

Winston ·

In hulle eie lande het hulle GEEN mense regte nie. Net hier en dis waarom dit “alweer buitelanders” is. Volgende maand gaan haal hy sy volgende vrag.

George ·

Ek het nie geweet dat toertrokke so veelsydig kan wees nie. Elke keer dink ek dat ek nou alles gehoor het dan kom die volgende nuwe skelmstuk. Word die mense nooit moeg om skelm te wees???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.