Foto’s: Twee vas wat dagga onder bakkie versteek het

Die dagga wat onder die blou Ford Courier-bakkie vasgebind is Foto: SAPD

Die dagga wat onder die blou Ford Courier-bakkie vasgebind is Foto: SAPD

Twee mans van Lesotho wat glo dagga oor die Peka-grenspos in Ficksburg in die Vrystaat wou smokkel, is in hegtenis geneem danksy oplettende polisiebeamptes.

“Die twee mans het met ʼn blou Ford Courier-bakkie gery toe hulle voorgekeer en die voertuig deursoek is,” het lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Die polisie het 80 klein pakkies dagga gevind, wat in swart plastiek toegedraai en aan die motor se onderstel vasgebind is. “Die dagga het 73.8 kg geweeg en het ʼn geraamde straatwaarde van ongeveer R100 000.”

Relebohile Moses Moejane (28) en Khotso Justice Mantsi (24) het Vrydag vlugtig in die Ficksburg-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel. Die saak is tot 24 Junie 2015 uitgestel vir die formele aansoek om borgtog. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTA ·

Wonder of hulle ook op ‘n vliegtuig op pad huis toe gaan wees voordat hulle weer in die Hof gaan verskyn? HAHAHA!!!

Dave ·

Hulle kon mos die bakkie verklaar het as ‘n mobiele apteek. Daar’s dan soveel pogings om dagga gewettig te kry ter wille van sogenaamde medisinale waarde.

nico ·

Goeie werk deur beamptes maar pasop vir verplasing iets wat werk word weggevat deur regering voorspoed

KarooKlong ·

Ek sekondeer, goeie werk.
Hou tog nou net aan om ander ook te deursoek. Daardie is ‘n alledaagse gebeurtenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.