Foto’s: Twee verdrink tydens ritueel

Foto: Verskaf.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat twee mans se liggame Saterdagoggend uit die Sandrivier naby Virginia in die Vrystaat gehaal is.

Kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans het Vrydag omstreeks 18:00 verdrink tydens ʼn tradisionele genesingsritueel binne die rivier.

“Sewe mense van Thabong het na bewering in die rivier ingeloop. Tydens die ritueel het die water te diep geraak en drie van hulle het in die moeilikheid beland,” het Khosana gesê.

Volgens hom kon een van die mense gered word. “Die ander twee het verdrink. Vyf mense het dus die voorval oorleef.”

Polisieduikers het Saterdagoggend vir die liggame begin soek. “ ʼn 18-jarige man se liggaam is nie ver van waar hulle verdrink het nie aangetref en die liggaam van die 27-jarige sangoma is meters ver van die verdrinkingspunt aangetref waar dit gedryf het,” het Khosana gesê.

Die twee is op die toneel dood verklaar en na die lykshuis in Welkom geneem.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Albatros ·

Jy moet bitter desperaat wees om in n rivier in te loop terwyl jy weet jy kan nie swem nie.

Oorsaak ·

Die oorsaak kan toegeskryf word aan die ritueel wat hulle in ‘n trans/beswyming laat beland het en hulle dus nie besef het wat om hulle aangaan.

Leeu ·

Mense moet die water en natuur begin respekteer. 2 vir die Darwin awards

jaco ·

Nes omval of “slain in the spirit” in party kerke. Ek het al kopbeserings met dit gesien waar die bloed loop.

sdp ·

Hopelik was dit nie op n boer se plaas. Anders is hy mos weer die skuldige

kat ·

sdp – jy is so reg. Iemand anders gaan nou die skuld kry – dalk die rivier!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.