[Foto’s] Twee verkool ná trokke bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood nadat twee vragmotors Donderdagoggend 20 km buite Bloemfontein gebots en aan die brand geslaan het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die N8 tussen Bloemfontein en Kimberley plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, was albei vragmotors in ligte laaie. Die brandweer het die brand onder beheer gebring, waarna twee mense se liggame met erge brandwonde gevind is. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Bodasing gesê.

Die toneel word nog deursoek om te bepaal of nog mense moontlik in die ongeluk dood is.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bruno Stef ·

Wat is dit met swaarvoertuie in die omgewing van Bloemfontein my dogter se vriendin is ook in n tragiese ongeluk onlangs met die swaarvoertuie oorlede.Ek het een nag n kop aan kop botsing anderkant Bloemfontein met n paar meter gemis nadat n swaarvoertuig my letterlik van voor af van die ryvlak afgedruk het. As ek nie op die grondvlak uitgeswaai het nie sou ons seker papgetrap gewees het.

Langtand. ·

Drywers raak aan die slaap! Het dit self gesien. Dis n groot vrag wat op jou afkom en as hy jou tref is dit verby….

luister net ·

almal blameer altyd die Groot vragmotor. My man is self n vragmotor Bestuur. En laat ek jou vertel, die dom dinge wat ons ons motor bestuurders veral, 4×4 doen .. probeer Jy n 40ton trok stop Om net voor hom te Wil Kom Om gouer By jou bestemming uit te. of ek sal dit maak as ek n kaans wat. lees Mooi wat staan agter op elke vragmotor van die distansie. En dink Mooi Na als wat jy in jou Huis het Kom in n trok. bietjie Respek vir hulle ook kan ver gaan

ANDRE ·

jA……die probleem is….. Lisensies kan the maklik gekoop word…….soos met alles …..geld maak mos als reg..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.