Foto’s: Tweede Nuwejaar kleurvol gevier

Foto: @NathiMthethwaSA op Twitter.

Foto: @NathiMthethwaSA op Twitter.

Die Kaapse Klopse se straatkarnaval het Saterdag in Kaapstad plaasgevind nadat dit vroeër verskeie kere uitgestel is.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het gesê die Tweede Nuwejaar-straatkarnaval se oorsprong dateer terug na die koloniale era toe slawerny nog algemeen was. “Die Klopse-nalatenskap het deur die generasies hoop gegee en die gevoel van behoort onder die mense herstel. Dit is tyd om die ryk erfenis te onthou en dit te gebruik om die siel van ons mense te genees.”

Die karnaval, wat gewoonlik net na Nuwejaar plaasvind, is al ʼn paar keer vanjaar uitgestel. Die komitee het aanvanklik die datum van 2 Januarie na 5 Januarie uitgestel weens godsdienstige redes. Die karnaval is later weens “logistieke redes” na 10 Januarie uitgestel. Die ANC se 103de herdenking het egter op 10 Januarie by die Kaapstad-stadion plaasgevind waarna die karnaval tot 17 Januarie uitgestel is.

Die kulturele- en karnavalkomitee en die stad Kaapstad en het mekaar beskuldig oor die vertraging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.