[Foto’s] Uitgeteerde leeus op Limpopo-plaas gevind

all days leeus 8

Die leeus wat in ‘n kommerwekkende toestand aangetref is. Foto: Via Big Cat Conservation

Diereliefhebbers en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ingegryp om tot die redding te kom van talle uitgeteerde leeus wat op ʼn Limpopo-leeuteelplaas aangetref is.

Isabel Wentzel, senior inspekteur by die NDBV se wildbeskermingseenheid, het Vrydag aan Maroela Media gesê die eenheid het Maandag ʼn klagte ontvang en dadelik inspekteurs na die plaas naby Alldays gestuur.

“Die eienaar bedryf ʼn teel- en ʼn jagplaas en het sowat 200 leeus,” het Wentzel verduidelik. “Sommige van die leeus se toestand is glad nie na wense nie. Die diere is ondervoed met hul heupbene en ribbes wat vertoon.”

Wentzel het gesê die leeus se toestand is gelukkig nie só sleg dat hulle nie volkome sal kan herstel nie. “Ons het ʼn waarskuwing aan die eienaar uitgereik en seker gemaak dat die diere dadelik gevoer word. Die eienaar beweer hy het ʼn hartaanval gehad en was vir ʼn ruk lank in die hospitaal en kon nie na wense na die leeus omsien nie. Hy is intussen ontslaan en was tydens die inspeksie op die plaas,” het Wentzel gesê.

Die NDBV het gesê gereelde inspeksies sal op die plaas uitgevoer word om te verseker die leeus kry behoorlike voeding. As die diere se toestand nie verbeter nie sal verdere stappe gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Soppie ·

Shoe..laat my n traan pik!!! Kan dit nie glo nie!!!
Hoop hulle help die leeus vinnig!!!!

tw ·

Hoe lank van dit n leeu om so maer te raak? Waar is ons prioriteite, as jy diere wil aanhou moet jy besef daar is n geweldige verantwoordelikheid wat op jou skouers rus, diere kan nie vir hulle self praat nie. Het simpatie met die eienaar se gesondheids probleem, maar regtig, was daar niemand wat na die diere kon omsien nie. Bedoelende as jy 200 leeus aanhou moet daar sekerlik meer as een persoon op die plaas werk dan nie?

Christo ·

Ek wonder net of daar nie tydens die eienaar se siekte ander werkers die opdrag gehad het om die diere te versorg nie .As die kat weg is is die muis baas.Dink maar aan wat op ander plase gebuir het .Alle persone het net nie die liefde en sorg vermoee vir diere nie of kan vir niks sorg nie

Lise ·

Ek kan nie glo dat die NDBV eers ‘n waarskuwing aan die eienaar uitreik nie!! Die NDBV moet dadelik die leeus verwyder! En maak die verdomde teel en jagplaas toe!! Hoe wreed kan mense nog wees!!!

Leoni ·

Dis nie so maklik nie. In d eerste plek, waar gaan hulle nou v 200 leeus plek kry so vinnig? In die tweede plek: leeus word bje vinnig Maer. Dit vat nie weke nie.

Johan ·

Lise, n dier verloor baie vinnig kondisie, maklii binne n week of 2 so lyk. Ma ek dink hier is n groter brobleem oppad met die leeu telers in SA met die jag verbot wat nou op leeus gemaak is.

Daar is duisende leeus wat vir die doel geteel was want daar was n aanvraag. Net soos beeste wat geteel word on geslag te word, dink net hvl oorskot gaan daar nie wees as ons nou wetgewing maak dat beeste hie meer geslag mag word nie.

Hier is volgens my 2 goed wat ons binnekort gaan sien gebeur, niemand gaan meer met leeus wil boer nie want daar is geen waarde aan die bedryf, en ons gaan die seldfe as met ons renosters sien hoe die leeu spesie gaan begin verdwyn.

Neem inag 90% van ons leeus in prov parke sit alreeds met TB.

Neem die finansieële waarde weg en niemand stel belang om met die spesie te boer nie.

Thinus ·

Dit is n flou storie wat hy hulle spin!!
Dit is inelkgeval nie n reg om diere te hê of aantehou nie maar n vooreg!!
Wragtig die eienaar kom te lig weg van die mishandeling van die arme leeus, dit is baie tragies!!

peter ·

Stem saam met Thinus. Eienaar moes boete gekry het en leeus summier verwyder

Berhalet Beukes ·

Wat ‘n walglike mens om so iets aan diere te doen!

Bianca ·

Hierdie maak my SIEK!!!!!!!!!!!! Dat iemand hom / haarself ‘n mens kan noem maar jy kan nie eers na jou diere kyk nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Moeg om te sien hoe mense niks respek het vir enige diere nie! Ek sou daai man ingooi by daai leeus!!! Dit vat nie ‘n week/ 2 weke vir enige dier om so gewig te verloor nie! Nou dink aan jouself in ‘n hok, jy is afhangklik van iemand om jou te kom voer… maar jy sit & wag & wag & niemand kom nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

A.G ·

As jy n wilde dier in n hok wil aanhou moet jy sorg dat hulle daagliks gevoed word. Sekerlik kon daar ander reelings getref word om na die diere om te sien terwyl die eienaar in die hospitaal is. Is die eienaar die enigste persoon op die jagplaas???

Denise ·

Leeus hoort in die wild waar hulle self kan jag nie in kampies en hokke nie dit is n dier wat oopvlaktes nodig het watse oefening kry enige wilde dier wat so op gehok word ?Dit is dieremishandeling en leeus vreet baie n skottelvol vleis is nie eens genoeg vir een leeu nie . Los die wilde diere waar hulle hoort en die teel storie en jag hoop nie die mense jag die leeus nie.

Naomi Berger ·

Hy is tog sekerlik nie alleen in die bestuur van die plaas nie.
Waarom is sy mense nie bemagtig om na die diere om te sien as iets met hom gebeur nie
Hoop hy sit planne in plek vir die toekoms
Ons kan nie nie ons verantwoordelikhede met swak verskonings verdedig nie
Siestog hulle lyk regtig verwaarloos en depressief

Denise ·

Geen wilde dier hoort in n hok nie hulle is gebore om wild te loop en self te jag leeus vreet baie ek dink nie wat daar gebeur regverdig die leeus nie geen oefening nie leeus is jagters nie hokdiere los alle wilde diere waar hulle hoort hou op inmeng met wilde diere wat in die natuur hoort!!!!!

Veritas ·

Indien alle wilde diere in die natuur losgelaat word sal dit chaos veroorsaak. Hul kans op oorlewing in die natuur is baie swakker as in ‘n teelprogram. Indien die toestand van die diere so erg was, sou die DBV hulle nie daar gelos het nie. Ek dink die storie is erg oordryf. Leeus wat in die natuur lewe,vr eet nie elke dag nie en is nie naastenby so vet soos die wat jy in dieretuine of op poskaarte sien nie.

l ·

Hoekom hom hoegnaamd nog ‘n kans gee. Neem die leeus na die Kruger waar hulle hoort en sluit die verdomde jagplaas !!!!

Marietjie ·

Sulke ontstellene nuus. Genoeg om enige diereliefhebber ‘n hartaanval te gee. Kan mense naby nie maar skenkings doen totdat die pragdiere weer reg is nie. Dit breek mens se hart om hulle so maer te sien.

Liza ·

Daar is GEEN manier dat die leeus in so ‘n kort tyd so maer en uitgeteer kon raak soos die eienaar sê nie. Hulle is NET VEL EN BEEN !!! Dit is vreeslik hartseer! Maroela, hou ons asseblief op hoogte oor die leeus se vordering as dit enigsins moontlik is asseblief. My hart is nou so seer !

anne ·

En daar was niemand anders om na die diere om te sien nie? Swak verskoning. Die diere behoort behoort verwyder te word. Sies man!

humor ·

Wat de joos maak hy met 200 leeus? Om hul behoorlik te versorg verg n massa vleis per dag wat wie kan bekostig. Glo nie heeltemal die verskoning nie. Heel moontlik n geld- fanatikus met onrealistiese ideale wie se somme nie heeltemal uitwerk nie

Lollie ·

En in jou tydperk in die hospitaal kon jy nou wragtie nie iemand kry om na die leeus om te sien nie swak verskoning, los hom erens sonder kos en versorging dat hy n bietjie so uiteer en voel hoe dit voel!

Lida ·

Die DBV behoort onmiddellik daardie leeus te begin voer en sodra hulle sterk genoeg is te verwyder en na die parke te neem. So sterf ons groot 5 uit deur sulke barbaarse optrede. As hy hulle aanhou vir jag wonder ek watter jagter wil pronk so ‘n maer uitgeteerde leeu. Skandalig en vieslik. Ek hoop ons hoor later wat van die arme diere geword het.

Ruby ·

Eienaar, terwyl jy in die hospitaal gelê en eet het, het jy aan die diere gedink wat mal honger was? Indien wel, hoekom nie reëlings tref en ‘n instruksie gee dat die diere gevoer word nie?

Het jy tans ‘n plan van aksie indien iets weer met jou sou oorkom of het jy nog nie sover gedink?

Sies man!

Magda Hamann ·

Eienaardig dat die eienaar ‘n hartaanval gehad het. As ek na die maer leeus kyk, dink ek nie die man het ‘n hart nie

BOLANDER ·

Magda, faaaaaaantasties geantwoord. Bravo vir jou!!!!!!.

Lydia Steyn ·

Die leeus word geteël vir Trofee jag. Die Amerikaners is die grootste Trofee jagters op leeus. Amerika het nou n verbod daarop geplaas en nou kom jag hulle nie meer op leeus nie, so die telers kry nie meer geld in nie en nou verhonger hulle die leeus. Dit was al n paar keer op Carte Blanche die afgelope tyd. Dit is skokkend en bitter hartseer.

Griki ·

Dit kom nou van ‘n “slim” iemand wat ‘n plan bedink het om met geblikte jag vinnig geld te maak. Nie daarmee rekening gehou dat lande soos Amerika nie daarmee gaan saamstem nie en nou sit hulle met ‘n klomp leeus wat hulle nie kan voer nie omdat hulle plan in hulle gesigte opgeblaas het. Hulle moes liewer die diere in die natuur gelos het. Ek hoop die NDBV hou hierdie geval fyn dop – ek dink ook nie hierdie man het geld om die leeus na behore te versorg nie (waarskynlik stres hieroor wat hom ‘n hartaanval besorg het).

Johannes Meintjes ·

Daar is ‘n spreekwoord in Afrika wat lui dat todat die leeu ook sy storie kan vertel is dit net die jagter wat gehoor word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.