[Foto’s] Vaaldam vol: Waterbeperkings in Gauteng gou opgehef

Foto: Departement van water en sanitasie.

Foto: Departement van water en sanitasie.

Nomvula Makonyane, minister van water en sanitasie, het Sondag twee sluise by die Vaaldam oopgemaak.

“Vier dae van goeie reën het veroorsaak dat die meeste damvlakke landwyd steeds styg, afgesien van die Wes-Kaap, dele van die Noord-Kaap en Oos-Kaap,” het Makonyane gesê.

Sputnik Ratau, woordvoerder vir die departement, het Vrydag aan Maroela Media gesê die Vaaldam was Vrydag reeds 88,4% vol en die departement verwag die dam sal binnekort 100% vol wees. Dit is die eerste keer in jare.

Makonyane het egter die publiek gemaan om te onthou dat Suid-Afrika se grondwatervlakke steeds laag is en dat dit ʼn paar jaar kan neem vir dié vlakke om te herstel. “Ons voorspel dat Suid-Afrika binne twee tot drie jaar ten volle sal herstel,” het Makonyane verduidelik.

Die vlakke van die Vaaldam was op Maandagoggend op 100%, die Grootdraaidam op 101,98% en die Bloemhofdam op 87,5%. “Die huidige status van die geïntegreerde Vaalrivierstelsel (IVRS) noodsaak ons om die waterbeperkings in Gauteng onmiddellik op te hef,” het Makonyane gesê. Sy het bygevoeg dat die departement dit so sal oordra aan die betrokke munisipaliteite en die staatskoerant.

Die hersiening van die waterbeperkings wat vir Mei geskeduleer was, sal egter steeds voortgaan om die uitkomste van die 2017/’18 hidrologiese jaar te bepaal en vas te stel of daar ander reëlings in verband met waterbeperkings getref moet word.

Die Bloemhofdam se sluise is ook Vrydag oopgemaak en water het teen 250 mᶾ/s uit die dam gevloei. “Ons sal die daaglikse vlakke fyn dophou om seker te maak ons laat vloei nie te veel water uit die damme nie,” het Makonyane gesê.

Sy het inwoners wat naby die Oranje- en Vaalrivieroewers woon weereens gemaan om versigtig te wees vir die damme se stygende vlakke. Die departement het ook die vloedwaarskuwingsprotokol geaktiveer om sodoende skade aan eiendom en lewensverlies te beperk en te voorkom. Sy het ook die Douglas-gemeenskap gewaarsku oor moontlike vloede in dié dorp naby die samevloeiing van die Oranje- en Vaalrivier in die Noord-Kaap.

“Die departement monitor daagliks 211 damme, 13 van dié is onder 10% en 33 tussen 10-40% vol, 57 van hulle is bo 100% vol,” het Makonyane laat hoor.

Makonyane het ook die belangrikheid van onderhoud aan damme beklemtoon. “Ek moet vir die mense van Gauteng dankie sê vir hoe hulle die departement help om water te bespaar deur gehoor te gee aan kostebeperkings. Ek vertrou dat die lesse wat ons in die droogtetyd geleer het nou vir ons almal daaglikse roetine sal word, selfs al is die beperkings opgehef.”

Teen laat Sondag was die damvlakke soos volg (2016 se vlakke in hakies):

  • Oos-Kaap 63,4% (73,1%)
  • Noord-Kaap 104,7% (56%)
  • Wes-Kaap 32,8% (49,1%)
  • Gauteng 90,2% (83,2%)
  • Noordwes 86,4% (44,4%)
  • Limpopo 72,4 %(59,3%)
  • Mpumalanga 72% (59,7%)
  • Vrystaat 74,9% (53,7%)
  • KwaZulu-Natal 52,8% (52,4%)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SUSAN ·

Ja en weereens wys die HERE ons moet HOM net vertrou want HY lewe
so kan ons net se dankie en n AMEN kry want groot is GOD

Jaques ·

Ek is baie bly die die noorde van die land dat hulle meestal buite hulle water tekort krises is.
Ek wil net graag twee punte aanraak;
1) Gaan die water se prys per kilo liter weer terug keer na “normaal” toe, en
2) Is dit regtig nodig vir ‘n minister om met ‘n chauffeer rondgery te word, kan sy/hulle nie self bestuur nie?

TM ·

Hierdie ministers moet nou nie voorgee dat dit hulle is wat die damme weer volgekry het nie. Ons is in hierdie situasie as gevolg van swak beplanning punt. Kan sommer sien met watter houding hulle opdaag. Dit is alles net van die Here af en ons moet vir Hom dankie sê.

pj ·

Wys jou net as n mens saam staan en BID VIR DIE VADER wat se seeninge kan ons pad toe kom, die belangrikste is GOD moet eerste wees in alles, en hy se self hy sal ons as sy kinders wat hom eerste stel nooit teleurstel nie…..VRA REG ENJY SAL KRY!!!

Wally Walters ·

Hulle totaal misgus met invloei va water in vaal en Bloemhof hoe val n dam soos Grootdraai met 10% in 5 dae.Die minister was gereel vir die sluise se oopmaak hulle kon nie terug op hulle woord met die minister.Daar moes nog speeling gewees het as ons nou weer te veel reen kry het ons definitief n vloe onder Bloemhof.Waterwise dui hierdie week nie eers grootdraai dam op hul kaart nie

Nicolette ·

DANKIE JESUS VIR U GROOT GENADE EN LIEFDE…U IS EN SAL ALTYD KONING VAN MY LEWE WEES

Peet Schabort ·

En vir hoe lank was die sluise oop? Sowat 20 minute. Daar is deur Carte Blanche en die gemeenskap van Deneysville pogings aangewend om hierdie agbare minister hier ter plaatse te kry oor die riool in die Vaaldam maar alles tevergeefs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.