Foto’s van ontsnaptes uitgereik

Van die gevangenes wat ontsnap het. Foto’s: Verskaf

Die polisie het foto’s van sommige van die 20 verhoorafwagtende gevangenes wat Dinsdagmiddag uit ʼn vangwa in Johannesburg ontsnap het, uitgereik.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het Woensdag gesê ʼn polisievangwa het die gevangenes teen 16:00 van die Johannesburg-landdroshof na die Johannesburgse Korrektiewe Dienste vervoer toe die ontsnapping plaasgevind het.

“Die vangwa is by Pat Mbathaweg naby die South Gate-treinstasie in ʼn hinderlaag gelei. ʼn Groep swaargewapende mans het met gewere toegeslaan en die wa se deur oopgebreek waarna die gevangenes ontsnap het,” het Dlamini gesê.

Polisiebeamptes is nie tydens die voorval beseer nie.

Die ontsnaptes word aangekla van verskeie misdrywe waaronder gewapende roof, huisbraak, diefstal en die besit van dwelms.

Een van die gevangenes is reeds tot 17 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan gewapende roof.

Verskeie leidrade word opgevolg om hulle op te spoor.

Dlamini het gewaarsku dat die verdagtes as gevaarlik beskou moet word en dat die publiek die polisie dadelik moet bel as die ontsnaptes opgemerk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gerrit ·

As hulle gevang word weer staan hulle n goeie kans om ok leiers te word van die land

Leahim ·

Skreeusnaaks wys die narre wat hulle verloor het?‍♂️???

Ander Annie ·

Ek skrik vir my in ‘n ander bloedgroep in as ek hulle moet sien. Geharde misdadigers. Inside job.

Ander Annie ·

Beslis nie Innocent nie. Hy het die verkeerde naam gekry.

CHRISTA ·

Hoe word 20 gevangenis in EEN vangwa vervoer? Jy kan nie eers 20 mense in een minibus laai nie!! Hierdie ontsnapping lyk vir my baie verdag!!!

Nico ·

Begin n hof by elke gevangenis die vervoer van hulle gebeur dieselfde tyd en taktiek elke keer die polisie manne/vrouens moet op ngereelde basis geroeteer word

Pieter ·

Mark Kappie is die enigste een wat maklik gaan opgespoor word…..want uh uh …..

Vryheid ·

Lyk vir my na n klomp “upstanding citizens” Volgende LP’S van die land.

Johnny ·

Ek was in Johannesburg Hooggeregshof vroeër die week toe ‘n aangehoudene bloot uit die hof gehardloop het. Skrikwekkend…

Hanna ·

Geen polisielid beseer nie? Nee wat, klink maar vir my na n inside job. Hulle dink seker ons is stupid…

Chevy ·

Nou weer 20 ontsnap, en wat van al die moordenaars, verkragters en diewe wat nog vry rondloop want na elke voorval word vermeld dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.
Daar loop meer van sulkes rond dan wat daar gewone normale mense in die land woon.

CHARMAINE ·

Ja Ander Annie ek stem saam geharde misdadigers – Nou weer op straat net om weer te ROOF / MOOR onskuldige mense nou weer die teiken dus altyd dieselfde die ergste ontsnap altyd.

Johan. H. ·

Daai KEBI Kodugure ly intelegent genoeg om ons hoof te vervang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.