Drie van die ikoniese kleurryke aantrekhokkies op St. James-strand in die Kaapse Skiereiland is Saterdag in die vroeë oggendure in ʼn brand vernietig.
Wayne Dyason, woordvoerder vir Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, het gesê die brand is omstreeks 01:00 deur wetstoepassingsbeamptes opgemerk. Brandbestryders het die brand geblus.
“Drie van die hokkies is heeltemal vernietig terwyl twee gedeeltelik beskadig is.” Volgens Dyason is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.
Dié aantrekhokkies is wêreldbekend. Derduisende toeriste probeer jaarliks hier die perfekte foto vasvang voor die kleurryke hokkies op die strand en met die berge in die agtergrond.
- Foto verskaf aan Maroela Media deur ‘n inwoner.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
En so brand Suid Afrika – eish!!
Val so reg in die verwoestings narratief!
Ag nee… hoop dit word gou herstel. Daardie hokkies was altyd poskaartmooi.
En wie moet ons bedank?….
ANC – julle is 100% verantwoordelik vir al hierdie onrus en brande. Julle verwoes hierdie pragtige land! Sies (dit is die enigste beskaafde woord wat ek kan uitdink)!!!!!