Foto’s van Zuma gesteel

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n mediakonferensie in Nkandla (Julie 2021) (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

ʼn Strafregtelike saak is aanhangig gemaak ná ʼn kamera se SD-kaart, met foto’s van oudpres. Jacob Zuma by ʼn korrektiewe sentrum, gesteel is.

“Die departement van korrektiewe dienste is in kennis gestel dat die foto’s gesteel is van ʼn kamera van die beampte wat daarvoor verantwoordelik was om foto’s te neem vir institusionele doeleindes,” het Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Die SD-kaart is uit die kamera verwyder. “Die saak is uiters sensitief en word deur die departement en die SAPD ondersoek. Die betrokke beampte het ook ʼn kennisgewing van moontlike skorsing ontvang.”

Nxumalo sê die eerste aspek van die interne ondersoek het tot dusver onthul dat die SD-kaart moontlik op ʼn geheime manier met ʼn bekende uitsaaier gedeel is. “Die departement sal die betrokke instansies nader vir verdere optrede.”

Die departement is geskok dat dié foto’s op sosiale media gedeel word. “Ons maan mense om nie die foto’s verder te versprei nie. Die departement veroordeel dié optrede ten sterkste en ons sal geen steen onaangeroer laat om die persone, wat verantwoordelik is, aan die pen te laat ry nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ben ·

Nou wat is nou sooo snaaks dat dit nou ñ geheim is, dat die agbare mr. z in die tronk is.
Daar is al baaaaie fotos van sulke geleenthede gepubliseer.

Bushy ·

Onder nuwe wetgewing moet toestemming verkry word van perspoon wie se foto jy wil plaas. Ses maande tronkstraf en of n hewige boete. Selfs afbrekende aanmerkings oor n persoon is nou strafbaar met tronkstraf sowel as siviele eise. Selfs Maroela media kan aangekla word wat die platform behartig sou hul verswym en nalaat om op te tree teen oortreders op die platform. Don’t take my word for it, doen julle huiswerk.

Moeggeploeg ·

Hoe gerieflik. Nou het publiek geen bewyse waar hy is nie. Sal nie verbaas wees as hy iewers wegkruip

Marilize ·

Presies wat ek dink. Hy kruip weg, en nou word daar kamstig fotos versprei? Net om almal hier buite te laat glo hy is in die tronk?

Windhond ·

Ha ha ha ha ha- , janee waar daar n rand te maak is, sal daar n entrepreneur wees, daai order is vroeg al ingedien vir daai kieikies

Anthony ·

Dalk tyd dat iemand bietjie geld uit hom uit maak vir n slag

Agge nee ·

Waarom is die polisie so kwaad, is hulle bang ons sien hy kry voorkeur behandeling?

Keelvol ·

Die polisie het niks met dit uit te make nie. Dis die korrektiewe dienste. Heel ander departement.

annie ·

Dalk wil Bollywood vir Zuma gebruik in ‘n rol as 001 in die Gupta’s in Dubai-speurreeks en die foto’s is vir advertensies. Come on, give the poor man a break…

Blikkies ·

Nee Annie, Listen Carefully? as Agent 001 thirty two one twenty and five.

Anel ·

Mense wil bewys hê dst hy rerig in die tronk dit en nie iewers in ‘n hotel of gastehuis nie. Niemand vertrou meer vir iemand nie. Eintlik baie snaaks. Dalk nog die ou wat die fotos geneem het self. Enigiets is moontlik.

Oros Soros ·

Miskien het die ongemaklikheid van DKD meer te doen met die feit dat Zuma nie in ‘n sel is nie, maar oënskynlik in ‘n hospitaal/siekeboeg, in privaatdrag geklee is en in die geselskap van ‘n groot kokkedoor van Korrektiewe Dienste is.

Piet parys ·

Hoekom sit hy in 5 ster tronk se hospitaal met n magau in die hand of wat ?. Steek weer die ware 5 ster behandeling weg?

Sakkels ·

Geen bewyse. Voorkeur behandeling. Diefstal. Klink amper of hy self betrokke was. As dit nou enige ander
gevange was, was dit nie eers genoem nie. Ek haal my hoed af vir die een wat dit gedoen het. ????

Moeilikheid ·

Ag nee!!!! Ek het dit heeltemal gemis ek sou nou so graag wou sien hoe n opregte Nar agter trallies lyk!!!!

Belinda ·

Almal wou maar net sien of hy wel in die tronk is, dis al, en die persoon het dit vir ons bevestig…. ai dis n jammerte maar dankie in elk geval.

Belinda ·

is as gevolg van die POPI-act. Niemand mag fotos van ander plaas mits hulle toestemming gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.