[Foto’s] ‘Veedief’ se planne in die wiele gery

Foto: SAPD.

ʼn Veedief se planne is die naweek in die wiele gery deur die samewerking van die gemeenskap en die polisie.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se eenheid vir veediefstal het Saterdag ʼn veediefstalsindikaat vasgetrek op Polokwaneweg ná lede van die gemeenskap vir hulle ʼn wenk gegee het oor ʼn vragmotor met gesteelde beeste.

“ʼn Man (28) is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde beeste. Die 13 beeste is almal deur hul eienaars uitgeken en teruggeneem,” het Ngoepe gesê.

Die verdagte sal Maandag voor die Polokwane-landdroshof verskyn.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval versoek om kol. Alpheus Mokale by 082 565 6524 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael ·

‘n man 28 jaar??name and shame him ….almal moet weet wat die dief se naam is en wat met hom gaan gebeur.

Houtoog ·

Die inleidingsparagraaf sê ‘eienaar’ maar die berig sê ‘eienaars’?

Landi Slatter ·

Dagsê Houtoog,

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

cor ·

Die berig se n verdagte is in hegtenis geneem, dit is tog so poities korrek want was dit nou ou Koos van doringdraai was sy naam oor al wat nuus berig gewees , sodat almal kan weet ou Koos is n veedief. Hierdie verdagtesal vandag los gelaat word op borg van R500 en niemand sal weer daarvan hoor nie, want die hof rol is so vol .

SARIE VAN HEERDEN ·

Lig ons tog in of die dief wit, pienk of swart is sodat ons nie ‘n ander mens onskuldig kan verdink of blameer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.