Foto’s: Veghonde tydens klopjag gered

Een van die honde wat gered is Foto: DBV

Een van die honde wat gered is Foto: DBV

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Ses mans is in hegtenis geneem en 12 veghonde is in Ennerdale, Gauteng, gered tydens ʼn klopjag van die Dierebeskermingsvereniging se spesiale ondersoekeenheid.

Die organisasie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die polisie se honde-eenheid en inspekteurs van die DBV het Saterdagaand die klopjag in Lawley uitgevoer.

“Die beamptes het twee moeë, gebreekte en bebloede honde in die gevegput gevind,” lui die verklaring. “Een van die honde se skouers is ontwrig en uitgeskeur. Die tweede hond het gesukkel om asem te haal weens beserings aan sy keel. Hy het in die inspekteur se arms ineengestort.”

Nog 10 honde is van die perseel gered, talle met verskeie beserings. Hulle is na ʼn veilige hawe geneem en ontvang mediese behandeling.

Die mans sal Woensdag in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn. “Die ondersoek duur voort. Nog persone sal binnekort in hegtenis geneem sal word.”

Intussen het eNuus berig tientalle eienaars het met hul Amerikaanse veghonde deur die strate van Pretoria gestap vir bewusmaking oor dié ras. Veghonde word glo toenemend deur sindikate gesteel wat hondegevegte reël. ‘n Groep soldate en polisiebeamptes bewyer hulle nou om dit te stop. (Die video volg onderaan die foto’s.)


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

Die bloeddorstigheid van die sogenaamde mens word hier weerspieël. Vieslik en onverskoonbaar. Mag die strawwe dienooreenkomstig wees.

CHRISTA ·

Ek dink al straf wat hulle toekom is hulle moet in ‘n arena met sulke honde gegooi word.

Grassie ·

Die wreedheid van hierdie verfoeisels wat hulself mense noem is onbeskryflik. Nou gaan hulle nog tien teen een net beboet word, maar vir my is dit baie erger as steel. Ek dink ons strafstelsel skiet hier vér tekort.

Nadia Verster ·

Wys hierdie bloeddorstige monsters se gesigte. “Name & shame”!
Hulle moet uit die samelewing verwyder word en sommer vir ‘n spul honger leeus gegooi word sodat hulle ook uitmekaar geskeur kan word.

Nellie ·

Sulke mense wat dit aan diere doen het geen gevoel nie, en diere het wel.
Dit is diere wat bly is om mense te sien en dan word daar van hulle geveg honed gemaak.
Bring hierdie monsters na vore en laat leeus hulle verskeur. Hulle moet ‘n swaar boete/tronk straf kry.

lorayne ·

Selfde rede waarom my kleinseun se Bullterrier gesteel is . . . nie eers ‘n R5000 beloning kon vir my positiewe inligting koop nie.
Wat ek wel geleer het, is dat die aanvraag na Pitbulls en Bullterriers groot is vir honde gevegte wat gehou word in Elandspoort en Wesfort in die Weste van Pretoria.
Mag hulle tronkstraf kry, eerder as ‘n boete!

Grassie ·

Maroela – dit was nie nodig om my kommentaar af te haal nie. Wat daarvan is aanstootlik?

pop ·

Ek is n bullie vrou. Dis die saggeaardste diere wat mens kan kry. Ek het my kinders almal grootgemaak met bullterriers as troeteldiere. Maar my lewe lank woon my diere binne saam ons, hulle is deel van die gesin. So kanse is skraal dat hulle gesteel sal word. Ek sal ook nie iemand aanraai om hier te probeer inkom nie, dit kan noodlottig wees. Op die oomblik le my groot skoothond en kyk vir my vanaf die bank. Daai arme diere op fotos is uitgehonger ook. hulle is vrek maer. Ek kan nie ophou huil nie. Dis hartverskeurend. Barbare verdien vuurpeleton.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.