[Foto’s] Veiligheidsbeamptes red hondjie uit vlammehel

Die Jack Russel-tefie sterk aan in die dierehospitaal. Foto: Marshall Security

Die Jack Russel-tefie sterk aan in die dierehospitaal. Foto: Marshall Security

ʼn Jack Russel-tefie is van ʼn gewisse branddood gered, toe ʼn veiligheidsbeampte sy lewe gewaag het om die hond uit ʼn brandende huis te red.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê veiligheidsbeamptes en die brandweer is Vrydag omstreeks 17:30 na ʼn huis in Sunningdale, in die noorde van Durban, ontbied waar ʼn brand gewoed het.

“Dit lyk asof die brand in die motorhuis ontstaan het, waarna dit na ʼn woonstel bo-op die motorhuis versprei het,” het Van Reenen gesê.

“ʼn Buurman het die nooddienste laat weet ʼn hondjie is op die eiendom vasgekeer. ʼn Beampte van Marshall Security het oor die heining aan die agterkant gespring en kon die hond, wat brandwonde opgedoen het en duidelik in nood was, opspoor.”

Die beseerde hond is in ʼn badhanddoek van een van die bure toegedraai. Die hond is oor die muur getel en in ʼn reaksievoertuig van die veiligheidsmaatskappy na ʼn nabygeleë veearts by die Ashburne-dierehospitaal gehaas.

“Volgens die veearts het die hond eerstegraadse brandwonde opgedoen. Die hond was ook erg geskok en het moontlik koolstofmonoksiedvergiftiging opgedoen. Sy is in ʼn ernstige, maar stabiele toestand,” het Van Reenen gesê.

Brandbestryders kon die brand onder beheer bring voordat dit na die hoofhuis versprei het. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word ondersoek.

Geen ander beserings is aangemeld nie. Dit is nie dadelik bekend waar die inwoners was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Rikku ·

Dankie
aan die Brandbestryders wat die Hondtjie gered het. Julle is my “Hero’s “

Rob stark ·

Thank-you for saving the dog and putting your own lives at risk . I salute you.

Linda ·

Baie dankie vir die goedhartigheid van die Marshall Security Beampte. Jy is n ware held

Grassie ·

Wel gedaan aan daardie man. Ek hoop Maroela gaan sy naam en foto plaas – hy verdien dit.

wilma ·

Oe jinne ma dis wonderlike nuus. Baie baie dankie aan die dierbare mens sy eie lewe in gevaar gestel het om n diertjie van erge dood te red. Jys almal se hero. God Seen jou

Veronica ·

Dankie, wonderlike mens, wat jou lewe gewaag het om n hondjie sn te red!! Sëen vir jou! Jy het baie mense se harte geraak!

Linda ·

Dankie vir jou opoffering vir n onskuldige dier.Jy sal geseën word, en dít nog op die einde van die jaar?Jy is my held!

Leon ·

Gee die manne n Bells. Ons het meer sulke gooie nuus stories nodig. Veilig bly aan almal.

Johann ·

Welgedaan my vriend ek is oortuig die Jack Russell sou die selfde vir jou gedoen het

Sanet Olivier ·

Baie dankie vir jou dapper daar. Jy het net vir ons gewys dat daar nog mooi in ons harte is. Dankie

Andrea ·

Wonderlik! Baie dankie dat jy die hondjie gered het. Dankie aan die buurman wat aan die hondjie gedink het. Seën en voorspoed vir julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.