Foto’s: Veiligheidsgordel red man in Benoni-ongeluk

Wrakstuk van die BMW na die ongeluk op 25 Desember 2014 in Benoni, Gauteng Foto: ER24

Wrakstuk van die BMW na die ongeluk op 25 Desember 2014 in Benoni, Gauteng Foto: ER24

ʼn 31-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy ʼn lamppaal getref en sy BMW in twee geskeur is.

“Paramedici het omstreeks 22:30 by die toneel op die N12 naby die Putfontein-afrit opgedaag,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man was nog agter die stuurwiel vasgekeer.”

Volgens Vermaak moes die man uit sy veiligheidsgordel gesny word en dit is moontlik wat hom verhoed het om uit die voertuig geslinger te word. “Hy het egter nie asemgehaal nie, en paramedici het hom dringend behandel. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na die OR Tambo-gedenkhospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.”

Die man het glo kritieke kopbeserings opgedoen.

Wrakstuk van die BMW na die ongeluk op 25 Desember 2014 in Benoni, Gauteng Foto: ER24

Wrakstuk van die BMW na die ongeluk op 25 Desember 2014 in Benoni, Gauteng Foto: ER24

Wrakstuk van die BMW na die ongeluk op 25 Desember 2014 in Benoni, Gauteng Foto: ER24

Wrakstuk van die BMW na die ongeluk op 25 Desember 2014 in Benoni, Gauteng Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Otto Skorzeny ·

Hy’t seker soos ‘n paloeka gejaag. Te veel maniakke op die paaie deesdae. Gelukkig het hierdie spoeddemoon nie ander wetsgehoorsame padgebruikers skade berokken nie.

Pietertjie ·

Tien uit tien vir veiligheidsgordels ! Nul uit honderd vir spoedvrate!!

Christa ·

Hoe kan n hooggeregshof eis (goedgekeur) afdwingbaar gemaak word teen verontagsame uitspraak?

Chris van Heerden ·

AS mens na die foto’s van die wrak kyk is dit nie moeilik om te weet wat die oorsaak van die ongeluk is nie. Ek is jammer maar ek het nie simpatie met sulke mense nie, want hulle stel my en ander mense se lewens in gevaar op die pad

carel ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie maar hoe weet julle die persoon het vinniger as 120 gery????

Is julle nie dalk besig om n aanname te maak nie?

Ek was so jaar of wat gelede okk in so n erinstige ongeluk en ek het nie vinniger as 120 gery nie – n 3de party het van die teenoorgestelde rigting gekom op die N1 en kop aan kop met die motor voor my gebots – ek kon niks doen nie en was onskuldig in die ongeluk …… julle moet dink voor julle praat – of as jy bewyse het gee dit vir die SAPS anders bly maar eerder stil wan jy praat van iets wat jy niks van weet nie……

anika ·

Die persoon wat in die ongeluk was is een van my vriende en hy is oorlede.Julle weet nie wat daar gebeur het nie so hou julle kommenaar vir jul self.Hy het nie soos n paloeka gery nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.