Foto’s: Verdagtes binne minute vas ná gewapende rooftog

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Vyf gewapende rowers is Maandag blitsig vasgetrek nadat hulle ʼn drankwinkel in Philippi in die Wes-Kaap beroof het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die vyf mans het omstreeks 16:00 die winkel binnegegaan en kontant by die kassiere geëis. Drie van die mans het vuurwapens gehad. “Die vyf verdagtes het ʼn onbekende hoeveelheid kontant gesteel en in ʼn wit VW Polo gevlug,” het Van Wyk gesê.

Die polisie is onmiddellik van die roof in kennis gestel en polisiebeamptes wat in die omgewing was, het die verdagtes agternagesit. Ongeveer 2 km weg van die drankwinkel het die bestuurder beheer oor die Polo verloor en die voertuig het omgeslaan. Twee verdagtes het probeer om van die ongelukstoneel te vlug, maar is vinnig aangekeer.

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die ander drie verdagtes is ook in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op ʼn haelgeweer wat tydens die roof gebruik is. Die vuurwapen se reeksnommer is afgevyl. Van die kontant is ook teruggekry. “Geen skote is afgevuur nie en niemand is gedurende die roof of die jaagtog beseer nie,” het Van Wyk gesê.

Die vyf verdagtes, tussen die ouderdomme van 22 en 32, sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lee ·

Welgedaan SAPS en almal wat gehelp het!! Laat hierdie misdadigers sien ons almal raak nou gatvol vir hulle!! Die een het darem klaar sy oranje oorpak aan so korrektiewe dienste hoef nie vir hom een te gee nie. LOL!

scalla ·

uitvaagsels, verwyder hul uit die samelewing, stel nog boonop ander padgebruikers ook in gevaar, kan nie eens bestuur nie, puik gedoen saps

Peet Schabort ·

Hopelik geen beserings aan personeel (en drankbottels).
Sou hulle drank gesteel het kon hul ‘n paar slukke gevat het voor inhegtenisname en die drank die skuld gegee het.
Die geld wat gesteel is het ook nie eers meer ‘n Jan v R op die note, So wie gaan nou die skuld kry? Tog nie die ander ou op die note?

Gerhard Bezuidenhout ·

Peet ek het lekker gelag vir jou humor . Ek glo nie een van die kriminele het al ooit n van oom Jan se note gesien nie. Toe dit nog in omloop was , was tronk nog tronk en het boewe soos hulle n beker kaboemielies gekry en nie steak soos deesdae nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.