Foto’s: Verdagtes sterf in skietery met polisie

Meer foto's van die toneel volg onderaan die berig. Foto's: Facebook

Meer foto’s van die toneel volg onderaan die berig. Foto’s: Facebook

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

Twee vermeende rowers is Dinsdagaand noodlottig gewond tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie.

Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het by navraag aan Maroela Media gesê die Newlands East-polisie in Durban het omstreeks 19:00 ʼn klagte ontvang van ʼn verdagte voertuig wat in Briardaleweg rondry.

“Toe ʼn polisiemotor met twee beamptes by die toneel opdaag, het vier verdagtes in die voertuig op die polisie losgebrand,” het Naicker gesê. “Die verdagtes het probeer wegjaag en is deur die polisie agtervolg totdat die bestuurder van die verdagte voertuig beheer daaroor verloor en teen versperrings gebots het.”

Die verdagtes het uit hul motor gespring en probeer om te voet te vlug, terwyl hulle steeds op die polisie geskiet het. “Twee verdagtes is tydens die skietery noodlottig gewond. Een is beseer en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die vierde verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord.”

Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens.

“Die voertuig wat die verdagtes gebruik het, is voorheen in die gebied opgemerk toe huise daar beroof is en ons vermoed hulle was weer daar om nog misdade te pleeg,” het Naicker bygevoeg.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die twee beamptes vir hul optrede geloof. “Ons is bly dat ons lede nie in die skietery beseer is nie. Ons hoop dit dra ʼn duidelike boodskap aan misdadigers oor dat ons beamptes nie vir hulle bang is nie en dat ons vasberade is om misdaad te bekamp,” het Ngobeni gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louise ·

Baie goeie werk! Daai polisie beamptes kan trots wees op himself day hulle so vinnig op getree het! Kort nog van hulle! Baie bly dat nie een van hulle beseer is nie!!!

Anton Smit ·

Ek wonder net of die rowers weer van gesteelde poliesie wapens gebruik gemaak het

Peet Schabort ·

Mooi so ! Ek glo nie dis die twee wat in die polisievoertuig ‘diens’ gedoen het ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.