[Foto’s] Verkeer erg ontwrig ná gru-botsing

Foto: Best Care-ambulansdienste

Foto: Best Care-ambulansdienste

Ses mense is beseer van wie twee kritiek nadat drie voertuie in ʼn gru-botsing op die Ben Schoeman-snelweg naby die Jeanlaan-afrit betrokke was.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê die snelweg is in albei rigtings afgesper terwyl die toneel opgeruim word. Die verkeersowerhede is op die toneel om verkeer te herlei.

“ʼn Mercedes-voertuig is heeltemal uitmekaargeruk. Verskeie ambulansdienste en die brandweer is op die toneel. Die toneel is baie kompleks en in dié stadium kan ons nog nie die oorsaak van die ongeluk bevestig nie,” het Loubser gesê.

Paramedici is tans besig om die beseerdes na nabygeleë hospitale te haas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

johan ·

almal weet wat die oorsaak is “MENSE WAT SOOS IDIOOTE BESTUUR!!!!!!!!!!”

Jack Russl ·

Die mense gaan jou nou uitmekaarskeur soos daardie Merc oor jou kommentaar. Ons mag moes nie hier “aannames” maak oor wat ons dink die oorsaak is nie, al is dit ook hoe duidelik

saartjie ·

Spoed EN DRANK!! …en taxibestuurders – gewoonlik roekelosebestuur, nie self betrokke maar oorsaaklik.

Johan ·

Spoed maak nie dood nie!!! (die autobahn in Duitsland is een van die veiligste padnetwerke in die wereld – en daar kan jy ry so vinnig jy wil – selfs 320km/h as jou Porsche dit kan haal) Wat doodmaak is mense wat soos idiote bestuur, onpadwaardige karre, sms en nie hul spieels gebruik nie.

Danie ·

Tragies dat nog mense beseer is in ‘n ongeluk. Ek wonder nou of die Mercedes en die ander kar (dit lyk soos ‘n bmw) dalk resies gejaag het. Indien dit so is is dit nog meer tragies. Dit lyk of die bakkie op die foto aan beide kante getref is. Ek kan egter verkeerde afleidings gemaak het.

Nicolette ·

Baie onskuldige mense en veral kinders word slagoffers van padvarke en spoedvrate…..roekelose en nalatigheid is ook deel van ongelukke…..mense bestuur asb versigtig neem ander padgebruikers in ag….moenie jaag nie……

cor ·

Spoed, onervare bestuurders wat nie die krag van n luukse motor kan verstaan en beheer nie. Gekoopte lisensies, gesteelde voertuie dra alles by tot so ‘n slagting.Ongelukkig moet daar ook altyd onskuldige mense daar onder ly. Want wet en orde op die paaie bestaan nie.

Stem Saam ·

“Spoed, onervare bestuurders wat nie die krag van n luukse motor kan verstaan en beheer nie” Ek stem 110% saam met jou Cor! Spot-on kommentaar, welgedaan. Dis nie noodwendig spoed wat ‘n botsing veroorsaak nie, maar die bestuurder wat nie die spoed kon hanteer nie!

Helena Jacobs ·

Die ongeluk is ooglopend die resultate van spoed asook roekelose en nalatige bestuur.

Danie ·

Tragiese dat nog mense in ‘n ongeluk was Ek wonder of die twee sedan voertuie (die een is ‘n Mercedes en die ander ‘n BMW) resies gejaag het. Indien so is dit nog meer tragies. Dit lyk op die foto of die bakkie aan beide kante getref het. Indien my afleidings reg is: Wanneer gaan mense leer dat jy nie vinniger moet ry as wat jy kan hanteer nie. Resies jaag is vir mense wat kan op plekke wat daarvoor gebou en toegerus is.

BMW-bestuurder ·

Danie – waarom word daar altyd net bloot aangeneem dat waar ’n BMW betrokke is, daar altyd gejaag word???? Het jy DVL se kommentaar gelees? Die BAKKIE het een van die motors van die pad afgedruk! Of nee wag – jy was mos daar en het gesien hoe “jaag” die BMW en Merc. . . . Hou asseblief op om alewig BMW-bestuurders as padvarke uit te maak. Daar is BAIE ander bestuurders in ander tipe voertuie wat baie erger bestuur. Ek is self ’n BMW-bestuurder en hou streng by die padreëls, ek gebruik my flikkerligte en hou by die spoedbeperkings.

Danie ·

Maklik. Dit is juis die BMW bestuurders wat dit laat lyk of ek parkeer plek soek teen 120 km/u. Hulle laat hulle karre soos ‘n kersboom lyk as jy nie gou genoeg na hulle sin uit die pad uitkom nie. Maak nie saak of daar plek is of uit die pad te kom of nie. Dit is ongelukkig gebaseer op eie ondervinding op die N1, N3, N4, R21, Moloto-Pad, Cullinan-pad, Bronkhorstspruitpad, om maar ‘n paar te noem waarop ek moes ry.

FS ·

Danie – Jy ry seker ’n Ford Kuga. Dié dat die motors prober om weg te kom van jou af :)

Danie ·

Gelukkig nie. Ook ‘n motor uit die Duitse stal. Net nie dieselfde fabrikaat nie. Mens kan nogal verstaan as iemand desperaat raak langs ‘n Ford Kuga, veral as die persoon boonop nog a Galxy S7/S7 note op die oor hou. Kernkrag flits dan voor die oë verby, wat niks met kragopwekking te doen het nie.

DVL ·

Die bakkie het die een kar van die pad af gedruk wat wou verbysteek. Een van my tegnikuste was amper deel van die ongeluk en het dit sien gebeur.

Lu ·

Ek kan amper nie glo dat niemand hier omgekom het nie. Daai kar is in stukkies.

Karma ·

Mense, ten spite van die erns van die saak (sjoe, was daardie een stuk staal eens op ‘n tyd ‘n motor?), moes ek lag vir Danie , FS en BMW bestuurder se gekorswil. Ek moes ook sê: OMF – as ek in ‘watever’ kar gery het langs ‘n ou in ‘n Ford Kuga met ‘n Galaxy X7 Note teen die oor, het ek OOK voet innie hoek gesit – nie net oor die Kuga en selfoon nie, maar omdat hy bestuur terwyl hy op sy selfoon is!

Ry-daai-pad ·

Die spoedgrens op daardie stuk pad is 100km per uur. Ek ry daagliks daar en die mense ry regtig onverskillig. En wat dit vir my erger maak is dat die versperrings langs die pad amper teenaan die pad is. Geen uitswaai, aftrek, van die pad af beweeg is moontlik nie, indien nodig. Ek se maar net wat ek sien.

Lee ·

Ek kan nie insien dat ‘n kar so afgryslik vervrommel kan lyk na ‘n ongeluk, indien nie uiterste spoed (en dalk selfs drank) die rede is nie.
Daai spesifieke stuk snelweg is ‘n 100km sone!
Skiet my maar met my eie afleiding en gevolgtrekking.
Punt is: hou by die spoed en ry beskaafd. Dis wat ek doen, en elke ander person behoort te doen.
Daar heers deesdae ‘n vieslike roekelose/wettelose/nalatige/onbeskofte bestuursstyl op die paaie.
Wat gaan aan met die mense? Geen RESPEK meer oor vir iets of iemand nie.
Die so hartseer …

Koos1 ·

As ek so na die fotos kyk is dit ‘n absolute Wonderwerk dat daar niemand oorlede is nie.

m ·

Dis net deur genade dat niemand dood is in hierdie ongeluk nie. Spoed en ongeduld is maar gewoonlik wat hierdie tipe ongelukke veroorsaak.

Spike! ·

Meeste ongelukke gebeur omdat mense heeldag in die verkeer met hulle fone sit en speel. Niemand kyk meer wat om hulle aangaan nie. Observe is die nr1 reel, en hou dan ook asb. links. Niemand steur hulle meer aan padreels nie.

Rachel Kapp ·

Spike! Ek stem saam met jou, maar nou moet jy jouself ook die vraag vra…. Hoeveel van hulle ken regtig die padreëls? Het een dag met een gepraat en sy sê: “dat solank hulle ñ voertuig kan ‘start’, vorentoe, agtertoe kan ry en kan parkeer dan kry hulle ñ lisensie”. Glad nie meer nodig vir ken en verstaan van padreëls nie en ook geen kennis van spoed nie.

Ken ·

Stem saam Spike. Ek moet daagliks dink vir ander motoriste wat bloot voor mens in ry en net glad nie teenwoordig is nie…… Die term “ongeluk” moet vervang word met iets anders, want meeste gevalle is dit nie ‘n ongeluk nie, maar bloot totale onteenwoordigheid en idiotiese bestuurder gedrag……

Pat ·

Iemand sal moet kyk na daai pad. Daardie ander jong mamma en haar dogtertjie is daar oorlede nie te lank terug nie. Daar is iets fout op daardie pad en die regering sal moet kyk wat daar gedoen moet word om nog verdere ongelukke te voorkom. Permanente verkeerspolisie of kameras of soliede middelmannetjies – iets!

Magda ·

Pat daar is niks fout met daardie pad nie. Dis ‘n 100 kpu sone, maar die bestuurders dink dit is ‘n 150 kpu sone. Dit is wat fout is met die pad! Ek ry daai pad elke dag Maandag tot Saterdag.

Theo Jordaan ·

Pat,……daar is niks fout met daai pad nie, bestuurders wat spoed grens oorskry of onverskillig jaag!! Sê maar net.

TM ·

Mense ry onverskillig punt. Ek gee nie om of dit spoed was of blindekolle of wat ook al nie. Daar is geen respek meer vir ander mense nie. Ek sien elke dag hoe mense net van bane verwissel sonder om te kyk of daar ‘n kar is, wat nog te sê ‘n flikker gebruik. Nou die dag het ‘n kar verby my gejaag in ‘n woonbuurt agterstraat waar ons al klaar ophoop en hy stamp my spieeltjie net om voor in die ry te kom en hy stamp amper ‘n kar wat van voor gekom het. Mense is onbeskof en dink die wêreld behoort aan hulle.

Theresa B ·

Uitstekend gestel Johan. Kon dit nie beter gedoen het nie. Niemand gun mos niemand niks vandag – nie eers op die paaie nie.

Magda ·

Ek ry elke oggend van die stad se kant die pad na Roodepoort. Dit is ‘n 100km sone en nie een oggend of middag ry hulle binne die spoed grens. Die Merc VW Audi’s dink dit is goed om +- 150 kpu daar te ry. Daar was verlede jaar elke dag oggend en aand metropolisie wat met kamaras onder die brue gesit het. Hulle skitter nou in hul afwesigheid! Dis hoekom die voertuie so lyk. Daar is omtrent elke dag ‘n ongeluk net voor Jean laan. SPOED SPOED !!!!

MarieM ·

Magda, ek dink jy kyk hulle net mis. Hulle sit elke dag daar en neem kiekies van mekaar :). Nee nou op ‘n ernstige noot, ons ry ook elke dag die pad en hulle is daar. Die mense worry net eenvoudig nie meer oor spoed grense nie. Selfs gister is ons verder op N14 deur Metro gestop want niemand mag ry nie omdat daar weer ‘n bloulig persoon vervoer is. Ek sê vir my man kan jy glo al die bane word gestop want niemand mag langs daai bloulig motor ry nie.

Karma ·

Kan nie ‘n lyk wees nie; daar word berig dat niemand dood is tydens die ongeluk nie (wat ‘n wonderwerk is!). Dalk het hulle die ‘thermal blanket’ gebruik vir iemand wat in skok gegaan het en wie se liggaamstemperatuur gedaal het?

Magda ·

Dalk gaan ek daar verby terwyl hulle nog slaap, want hulle is verseker nie daar as ek ry in die oggend daar ry nie. In die middag is ek ook seker te laat vir hulle, want dit is na 6 in die aand.

Varkie ·

Ek ry elke dag daai pad, scary… almal weet jy gee vet en dan as jy by die brug kom moet jy briek vir die kameras wat jou afneem na 100.. party briek nie eers nie en ry 120-140 verby jou, en met iemand wat in die vinnige baan kruip en dan na die ander twee bane swenk om verby te kom is dit net n kwessie van tyd..

M A ·

Ek het geen idee wat daardie spesifike ongeluk veroorsaak het nie maar ek ry elke dag 100 km werk toe en terug. Daar is baie voertuie voor my wat stadig, dan vining ry, in die aankomende verkeer se baan in swenk, albei arms in die lug swaai soos hulle gesels, regterarms wat by die venster uithang, op selfone besig is en sigarette aansteek. Kortom, mense gee nie aandag aan hoe hulle bestuur nie. Dis lewensgevaarlik. My seun het sy tweeling geleer om agter, vasgegordel te sit en stil te bly want hy konsentreer. Ek ontmoedig ook ‘n gebabbel van passesiers en hou albei hande sover moontlik op die stuurwiel – nie dat dit veel gaan help as ander mense nie ook aandag gee nie. Dis nog uitsluitend die klomp wat te vining ry en verbysteek oor die sperstreep.

Alida ·

Almal le eiers maar niemand gaan iets aan die situasie doen en/of verander nie.

Conrad ·

Verbeel ek my of is daar die laaste tyd meer pad ongelukke?

Rina ·

Ja, daar is beslis meer ongelukke.
Baie mense wat regtig nie kan bestuur nie, kansvatters, spoedvrate en mense op hulle selfone.
Ek raak deesdae bang om op die pad te gaan.

J ·

Ek gebruik N1van zambezi tol plaza tot in highveld park. Verbasend hoe dames grimeer terwyl hul bestuur, ander moteriste weer ontbyt eet, koerant lees. Selfoon teen die oor en hoe spoed ligte word vir jou gegooi om pad tegee vir hulle om die baan te kry.

Sakkie ·

Waas die dae van die Studebakers hulle stukke sou nie so rond gelê het nie ok maar goed daar was nie selfone nie want op 45myl per uur moes jy altwee hande gebruik want dan het jy lankal nie meer bestuur nie jyt gedryf

Onthou jy? ·

Onthou jy Sakkie, die Studebaker se bynaam was ook ‘Stoot die bokker’ ?!

Annie ·

Die grootste ewel is spoed/volg afstand/sellfone/selfsig/ agressie en elkeen net vir homself

JR ·

Plaas van sulke nonsens kwytraak dink eers mooi oor kommentaar. Ekt langs my kind se lyk gesit waar hy op pad le. Onskuldig oorlede in ongeluk. Feit is. Bid eerder vir die wat geraak is en word deur ongeluk. Kyk na jpu eie manier van bestuur. Feitlik niemand is volmaakte bestuurder nie.

JCS ·

Spoed en volgafstand is die oorsaak. Ek ry baie daar en daar is so 5 motors wat net 60 ry en die res probeer om hulle vleg teen 140km plus. As jy 120km ry word daar vir jou ligte geflits.

Ek het vandag oor die Ben Schoeman gery op die M10. Op die brug moes jy sien hoe al die nuuskierige agies sommer net stop en teen die wal af hardloop en hoe die oor die middelmannetjie net U draaie gooi en alhoewel niemand verby die brug kon gaan na weerskante toe nie, doen hulle die domste ding.

Uiltjie ·

Ons key nie die mense so ver om stadiger te ry nie, so mask die voertuie stadiger, behalwe die van polisie en verkeer. Merk alle speedometer AF tot by 120 km/h. Problem opgelos!

LeonC ·

Ry maar op daai highway baie mense is te besig om te tex. Gin oe opdie pad.

Niccy ·

Sekerlik kan skuld op Korrukte amptenare in Lisensie kantore geplaas word, wat bestuurslisensie uitreik teen betaling sonder om regtig die bestuurders te toets. Dit gebeur baie… MM het berig hier oor vandag. Die nuwe bestuurder huur ‘n voertuig omdat hy wil indruk maak en weet nie hoe om dit te beheer teen hoë spoed nie. Dis waar baie ongelukke vandaan kom, mense wat min of geen bestuurs vernuf aan die dag kan lê nie en onskuldige padgebruikers in ongelukke laat omkom.

Christel ·

Ek se nie dit is hier die geval nie, maar as mens sien hoeveel mense sit op selfone terwyl hulle bestuur!! Ek het myself belowe as ek of een van my geliefdes moet ly oor iemand wat op hul selfone is of die wet oortree, sal ek hulle ry tot hulle nie ‘n sent oorhet nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.