Foto’s: Vermeende dwelmhandelaar vasgetrek

Van die dwelmmiddels waarop daar beslag gelê is Foto: SAPD

Van die dwelmmiddels waarop daar beslag gelê is Foto: SAPD

ʼn 33-jarige man is Vrydag in Malvern, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel.

“Hy word verbind aan ʼn dwelmklopjag in Hillcrest op 30 November 2013 waar die nasionale misdaadintelligensie-eenheid en die Valke beslag gelê het op dwelmmiddels ter waarde van R41 miljoen,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Heroïenpoeier is onder ultravioletlig in een kamer opgespoor.

ʼn Kas vol swartsakke met heroïenstrooitjies is ook in dieselfde kamer gevind. Dié sakke sou uitgevoer word. Daar was ook sportsakke en emmers propvol heroïen.

“Daar was ook drie tafels in die sitkamer waar snywerk en verpakking plaasgevind het met heroïen op die tafels versprei,” het Zwane bygevoeg. “Polisiebeamptes het ook beslag gelê op agt sportsakke vol Mandrax-tablette.”

Meer as 1 miljoen heroïenstrooitjies ter waarde van R21.4 miljoen, byna 80 000 mandrax-tablette ter waarde van R4.1 miljoen en 50 kg heroïenpoeier ter waarde van R15 miljoen is opgespoor.

Die verdagte sal Maandag in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

Ultravioletligte wat deur die SAPD gebruik is Foto: SAPD

Ultravioletligte wat deur die SAPD gebruik is Foto: SAPD

Van die dwelmmiddels waarop daar beslag gelê is Foto: SAPD

Van die dwelmmiddels waarop daar beslag gelê is Foto: SAPD

Van die dwelmmiddels waarop daar beslag gelê is Foto: SAPD

Van die dwelmmiddels waarop daar beslag gelê is Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.