Foto’s: Vermeende sigaretsmokkelaars aangekeer

Nagenoeg R500 000 se onwettige sigarette in die vermeende gesteelde dubbelkajuitbakkie. Foto: SAPD

Nagenoeg R500 000 se onwettige sigarette in die vermeende gesteelde dubbelkajuitbakkie. Foto: SAPD

Die Limpopo-polisie het vandeesweek in drie afsonderlike voorvalle beslag gelê op gesmokkelde sigarette met ʼn totale waarde van meer as R1 miljoen.

In die eerste voorval is twee mense in hegtenis geneem nadat hulle ʼn verteenwoordiger van ʼn tabakmaatskappy twee keer by ʼn winkel in Burgersdorp buite Tzaneen beroof het terwyl hy sigarette afgelewer het.

“Die polisie het die leidrade gevolg en met die hulp van ʼn veiligheidsmaatskappy die verdagtes in hegtenis geneem,” het kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, Woensdag gesê. “Die polisie het beslag gelê op sigarette ter waarde van meer as R500 000 en ʼn ongelisensieerde vuurwapen.”limpopo-sigarette (2)

Eric Makwala (38) en Cliff Ngwenya (34) het Woensdagoggend in verband met dié voorval in die Naphuno-landdroshof verskyn. Die saak is tot 3 November uitgestel wanneer hulle na verwagting gaan aansoek doen om borgtog. Hulle staan tereg op aanklagte van gewapende roof.

Beamptes van die Groblersbrug-grenspos het Maandagoggend vroeg ʼn verdagte voertuig voorgekeer en deursoek. Jan Petrus Jacobs van Levubu is in hegtenis geneem nadat onwettige sigarette met ʼn geskatte waarde van R500 000 in die dubbelkajuitbakkie wat hy bestuur het, gevind is. “Met verdere ondersoek is vasgestel dat dieselfde bakkie in Junie in Welgelegen, Polokwane as gesteel aangemeld is,” het Otto gesê. Jacobs het reeds in die landdroshof in Mokopane (Potgietersrus) verskyn. Die saak is uitgestel tot 30 Oktober vir verdere ondersoek. Hy bly in die polisie se aanhouding tot dan.limpopo-sigarette (1)

In die jongste voorval het lede van die weermag in Musina die grens patrolleer toe hulle ʼn verdagte voertuig gewaar het. “Die soldate het die voertuig afgetrek en dit deursoek. Onwettige sigarette met ʼn geskatte waarde van bykans R200 000 is in die voertuig gevind. Drie verdagtes is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Musina-landdroshof verskyn,” het Otto bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos ·

Hoe hoer die belasting op sigarette word, hoe meer gaan sigarette ingesmokkel word en hoe meer belasting gaan die regering verloor. So sny maar julle eie kele af met julle “sin tax”. Onthou wat het in Amerika gebeur tydens die “prohibition” periode.

Drieks ·

Is waar Koos. Die Valke het begin Augustes by Lerutsi , Zeerust ook trok met R1.3 miljoen se sigarette op beslag gelé. Raai wat…….die sigarette is alles weer gesteel by die polisie???????? ANC het die regte mense in die polisie…hahahaha

anita ·

Kan iemand my vertel. hier in die Strand/Gordonsbaai omgewing staan smouse langs die straat om lekker/ens. sowel as sigarette te verkoop. Die sigarette is ‘n kwart goedkoper as in die winkels. Ek het nog nooit ‘n polisie voertuig gesien die stop en nagaan waar hulle die voorraad aangekoop het.

Dus wie is blind teen korrupsie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.