[Foto’s] Verulam-plaasaanval laat bloedspoor

'n Bejaarde egpaar is in die vroeë oggendure in hul plaashuis oorval. Foto: Verskaf

‘n Bejaarde egpaar is in die vroeë oggendure in hul plaashuis oorval. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

ʼn Bejaarde egpaar is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in KwaZulu-Natal aangeval. Die man is met ʼn spies gesteek en die vrou is glo verkrag.

Prem Balram, direkteur van die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa, het aan Maroela Media gesê veiligheidsbeamptes is omstreeks 02:58 na die plaas in die Oakford-omgewing, noord van Verulam, ontbied.

“Die huis was met bloed besmeer. ʼn Man, wat met ʼn spies gewapen was, het die egpaar, wat albei in hul 70’s is, se deur oopgebreek,” het Balram gesê.

Die aanvaller het die man met die spies gesteek terwyl hy op waardevolle items aangedring het. “Hy het die vrou daarna na ʼn bos gesleep, waar hy haar glo verkrag het. Die vrou het die aanvaller herken as iemand wat in die omgewing woon. Sy kon daarin slaag om te ontsnap en het na die bure gehardloop vir hulp.”

Die bure het Reaction Unit South Africa ontbied. Die verdagte het gevlug en is steeds soek.

Die egpaar is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Volgens Balram is albei slagoffers in ʼn stabiele toestand.

Maroela Media het die provinsiale polisie vir kommentaar genader en wag nog vir terugvoer.

Lees ook: [Opvolg] Man vas ná Verulam-plaasaanval

WAARSKUWING: Die volgende foto’s is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Theresa ·

Hoe ongelooflik tragies. Mag die wreedaard spoedig aangekeer word, veral omdat hy in die omgewing woonagtig is, behoort dit gou te gebeur.

Theuns ·

Die aanvaller het sy ras/nasionaliteit weggegee. Hy het ‘n spies gebruik. H y is ‘n Zulu en hy is swart. Die enigste wit Zulu wat ek ken is Dosie.

tamboti ·

Theuns dan is jy seker te jonk om Johnny Glegg te ken?
Gebrek aan menslikheid = gebrek aan opvoeding, maar wetteloosheid a.g.v gebrek aan toepassing van reg en geregtigheid!

Wilmien ·

Hoe wreed !!!! Arme ou mensies….mag hy gevang word en verrot in die tronk !!!!

Jakes ·

Tragies.
Swart aanvaller op respekteerde Indiër gesin…
Kwade verontregtes tussen ons mense.

Chris Ws ·

Net eendag gaan daar geweld soos die met soortgelyke geweld ontmoet word en dan gaan die skuldige verseker nie lewendig daarna wees nie.In die geval het die vrou die misdadiger herken so sou familie van haar hom opspoor en terregstel sal dit sy verdende loon wees en as waarskuwing dien vir ander.Om hom te vang en hof toe te vat help niks want dieselfde dag is hy uit op borg om weer so te maak.Totdat ons regsters reg begin optree ten opsigte van die gee of weiering van borg vir sulke kriminele sit ons bo op ‘n landmyn in die land.

posbus ·

O ja ek stem absoluut saam!Ongelukkig is die swart vrou te bang om op te staan vir hulle regte!

Marianne ·

Dit is so ‘n sinnelose aanval!!!
Watter tipe monster verniel oumense so?
Ek wens ons Regstelsel was strenger, ek wens die doodstraf kan terug Kom.
Ek voel so bitter jammer vir die ou mense.

Trisa Strydom ·

Is daar nie iemand wat met Mnr Zuma kan praat oor die moord op onskuldige mense nie dit is sy skuld van aan hitsing van die moorde en ook Malema wat dit ook aan hits regtig genoeg is genoeg

Johannes Meintjes ·

Betreurenswaardig! Nou hoe maak ons mense om te kan vorder van die gerieflike status van “sensitiewe (gemakstoel) leser” tot die status van aktiewe GPF deelnemer wie se huis en noodplanne saam met die bure in plek en in ge-oefen is?

Jan maak n Plan ·

Ek hoop hierdie fotos word ook gesien in die buiteland. Ek wonder nou net ook of hulle so groot bohaai daaroor ook sal opskop – heelaas seker nie.

Joey ·

Dit is erg ….. Wat gaan van ons ou boere ooms en tannies word waar gaan mens vandag n lekke plaas kuier kry as dit so aangaan . Wat nog van ons jong mensies wat di droom het om waardige boere te word gaan daar vir hulle its oor bly
Di regering is pateties
Nuwe eie regering begin in ons wit stamme
Maar dan word ons ook geblok

Joey ·

Skies te gou post gedruk

Oom en Tan baie sterkte ins bid vir beterskap

Theresa ·

Trisa, het ook al gewonder of gewone mense met die president ‘n afspraak mag maak en bietjie raad deel. Voorstelle so uit die perd se bek (hy kan my maar dan ‘n perd noem – geen probleem met diernaampies nie). Maar, ek glo nie hy het een oomblik beskikbaar so tussen sy dansies en uitbundige lagbuie nie. Daarom is en sal hy nooit ‘n bevoegde landsleier wees nie – nie eens in sy wildste drome het hy ‘n clue hoe om hierdie komplekse land te regeer nie. Ons kan net hoop dat daar ‘n volwaardige, gerespekteerde, intelligente, regverdige leier na vore kom. Hopelik baie gou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.