[Foto’s] Verwoerd 50 jaar later

Huisgenoot-1966-voorblad

Die Huisgenoot van 14 Oktober 1966 se voorblad met die bylaag van dr. Verwoerd se staatsbegrafnis. Foto: Die Huisgenoot.

Die Huisgenoot van 14 Oktober 1966 het dit beskryf as “Suid-Afrika se lanfer-lente” en het met ʼn tienblad-bylaag die staatsbegrafnis van die Suid-Afrikaanse eerste minister, dr. Hendrik Frensch Verwoerd, in foto’s en woorde vasgevang.

Verwoerd is 50 jaar gelede op 6 September om presies 14:14 deur Dimitri Tsafendas in sy parlementêre bank in die Volksraadsaal in Kaapstad doodgesteek. Hy is vier keer in die borskas gesteek voordat raadslede Tsafendas, ʼn parlementêre bode, vasgetrek het. Tsafendas is nie ter dood veroordeel nie vanweë sy ernstige geestesongesteldheid, maar regter Andries Beyers het hom onbepaald opgesluit.

Dit was nie die eerste aanslag op Verwoerd se lewe nie. Verwoerd is twee keer geskiet op 9 April 1960 deur David Pratt, ʼn ryk Engelse sakeman en boer, tydens die jubileumjaarviering van die Uniewording van Suid-Afrika in Johannesburg. Pratt het met ʼn .22-pistool Verwoerd in die wang en oor geskiet, maar Verwoerd het die aanslag oorleef en twee maande later weer met sy verpligtinge voortgegaan.

Verwoerd se staatsbegrafnis, wat op 10 September 1966 in Pretoria gehou is, is deur meer as ʼn halfmiljoen mense bygewoon. Hy is in die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria begrawe.

Volgens Wikipedia het die bloedbevlekte mat ná Verwoerd se moord tot in 2004 in die Parlementsgebou gebly voordat dit verwyder is. Orania in die Noord-Kaap huisves tans ʼn Verwoerd-uitstalling van memorabilia wat tydens sy leeftyd versamel is. Dit is te siene in die huis waar sy weduwee, Betsie, gewoon het tot haar dood in 2000 in die ouderdom van 98 jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Anti DA ·

Dit klink na ‘n goeie eerbare man wat gedink het hy doen die regte ding vir die tyd waarin hy geleef het maar toe gee hy dit ‘n naam.. apartheid.. en tot vandag word die rippel effek daarvan gevoel

Henk ·

Verwoerd het nooit die naam apartheid toegeken aan die beleid wat gevolg is nie. Dit was die engelse media uit brittanje wat “apartheid” aan die beleid toegeken het en wat die lewe vir ons kom versier het.

Gerhard Burger ·

Dit is nie korrek dat Dr Verwoerd ‘Apartheid’ as beskrywing van die NP-beleid geskep het nie. Ook nie die Nasionale Party nie. ‘Apartheid’ is ‘n afleiding van ‘apart’ wat ‘n historiese aanloop het voor Dr Verwoerd se opname in die kabinet, en selfs voor die NP se bewindsoorname in 1948. Dit het in die NG Kerk in die Vrystaat ontstaan om ‘n ‘aparte’ sendingbediening aan nie-wit mense te beskryf, en daarna verder ontwikkel. Ook op die politieke terrein. Die ontwikkeling na ‘apartheid’ uitdrukking op die politieke terrein het eers jare later vir die eerste keer in ‘n geskrif van die NP verskyn. Nog later was dit vir die eerste keer in die parlement gebruik. Adv JG Strïjdom het dit selfs voor Dr Verwoerd gebruik na sy terugkeer van ‘n besoek aan Amerika. Daar het hy in die Suidelike state die tipe ‘apartheid’ ervaar wat later in Suid-Afrika kulmineer het. Iets wat hom klaarblyklik tot ‘n groot mate met goedkeuring gelaat het. Veral as daar op sy woordkeuses gelet word. So, die term ‘apartheid’ is nie ‘n maaksel van die politiek nie, maar het later die politiek geword. Of minstens die beskrywing daarvan. Ter afsluiting: daardie politieke tydperk wat as die ‘jare van apartheid’ tipeer word is ook baie meer kompleks as wat sommer so op die oog af lyk. Om dit beter te verstaan sal dus ‘n meer diepgaande kyk na die totaal daarvan vra – so terloops.

Kobus ·

Korrek Gerhard, sien gerus my kommentaar ondertoe met datums by.

Meraai ·

Ek is presies dag, datum en tyd gebore die dag dat dr Verwoerd vermoor is. My ma het altyd vir my gesê haar hart was dié dag in twee geskeur. Aan die eenkant vreugde oor n eersteling en aan die anderkant hartseer oor n Staatsman wat vermoor is

Koos ·

n Ware leier. Iemand wat guts gehad het. Hy het letterlik sy lewe op die spel gesit vir sy nageslag. Ons het nie meer sulke leiers onder ons volkie nie…dis jammer nè

Jakkalas ·

En van toe af ontbreek die land van ‘n ware leier in die sin van die woord. ‘n Staatsman. Van daar af is leiers aangesê watse besluite geneem moet word. PW Botha was die enigste een wat tekens van leierskap kon toon.

Jakoos ·

Dr. Verwoerd het nooit die woord apartheid gebruik nie, maar altyd verwys na afsonderlike ontwikkeling.

Kiewiet ·

Die woord “apartheid” is afkomstig van die engelse woorde “apart ” en “hate”. Dit is waarom dit so ‘n negatiewe konnektasie het.

Willie ·

Ware leier gewees.. egte man wat geweet het wat moet beheer word om die mooie land behoue te hou.. Kyk waar is vandag?

Rynhardt ·

DR.Verwoerd was die enigste persoon wat 6% ekonomiese groei kon handhaaf terwyl Anc-faksies dit nie kon regkry in 22jaar nie! Hy was nie die vader van apartheid nie, maar wel die Britte wat dit in 1809 gevestig het in SA.Dr.Vwrwoerd wou tuisland en SA ekonomies opbou, maar dit word nie vandag vertel nie.In 1963 word John F.Kennedy vermoor.Hy wou VSA in regte ekonomiese rigting stuur, wef van magtige kooperasies.Sy broer Bobby Kennedy het ook groot planne vir VSA gehad, maar word in dieselfde jaar as dr.Verwoerd doodgeskiet! Is dit nie interessant dat beide die VSA en SA ,is vandag albei ekonomies in die gemors nie?

Polities Korrek ·

Baie van ons onthou nog daardie dag toe ‘n malman die Afrikaner se grootste staatsman vermoor het-dit was ‘n rampspoedige dag. Dr. Verwoerd het vir elke mens in Suid-Afrika menswaardigheid in die vooruitsig gestel-hy was nie soos wat gereeld berig word, die outeur van ” a p a r t h e i d ” nie-daardie woord is ‘n skepping van die Engelse bewind om die Afrikaner in diskrediet te bring-ironies genoeg: ‘n Afrikaanse woord met ‘n kwaadwillige Engelse konnetasie. P.W. Botha was ‘n diktator en kan nie in dieselfde asem met dr. Verwoerd genoem word nie! Henk, jy bedoel seker ‘versuur’ en nie “versier” nie.

Jakkalas ·

Jy is geregtig op jou menings. ‘n Diktator is iemand soos Hitler, Stalin en leier van noord Korea.

Mossie ·

Ja ek wonder waar is daai mal man vandag —- hier is baie werk vir hom

Ceward ·

Ek was n jong man van 18 en in die donkerkamer van die Transvaler toe die berig deur kom, Dr Verwoerd is in die parlement vermoor, ek het die voorreg gehad om saam met kolegas die begrafnis te kon dek. Die kantoor van die min van waterwese P K LE ROUX was aan ons toe gewys. Dr Verwoerd was die vader figuur van elke jong seun in s a, en wanneer ons gesing het ons sal lewe ons sal sterwe ons vir jou SUID AFRIKA het Dr verwoerd voor geloop

M'Lady ·

Die tuislande deur Dr Verwoerd voorgestel kon gewerk het maar die biljoene wat daar ingepomp is, is nooit gebruik om industriee, infrastruktuur ens te vestig nie. Korrupsie het al daar begin.

Joe ·

Hierdie man het die basis gelê vir n land so sterk dat mense uit ander Afrika lande vir lank na sy dood na ons land gestroom het. Swart mense uit ander Afrika lande het so opgekyk na sy werk dat hulle vir dekades daarna als sou oppak om te trek na die land wat hy gevorm het.

Herman. ·

Die beleid van afsonderlike ontwikkeling het misluk vir dieselfde rede hoekom SA vandag misluk. Die aan stuur van sake is nie instaat om dit te maak werk nie.

Kobus ·

Per ‘n proefskrif van JHP van Rooyen, gelewer aan die fakulteit lettere en wysbegeerte aan die Wits Universiteit in 1990 die volgende;

Hy skryf: “Dawie” het in sy rubriek op 24 Maart 1951 in Die Burger geskryf, hy is van mening dat die woord sy oorsprong gehad het in ‘n hoofartikel in Die Burger van 26 Maart 1943 toe daar melding gemaak is van die nasionalistiese beleid van apartheid.

Die volgende keer as die woord gebruik in Die Burger van 9 September dieselfde jaar, toe daar melding gemaak is van “die erkende Afrikaanse standpunt van Apartheid”.

Dawie het gemeen dat die eerste gebruik van die woord in die Parlement was op 25 Januarie 1944 toe Dr DF Malan as opposiesieleier daarna verwys het na die republiek se droom van Afrikaner met “die getroue handhawing van die beginsels van apartheid en voogdyskap.”

JHP van Booyen het egter bevind dat die gewraak te woord tog wel voor dit gebruik is en het hy dit in Die Kerkbode van 3 Mei 1939 in ‘n artikel van Ds JH Strydom raakeloop wat gehandel het oor “Ons sendeingbeleid van Apartheid”.

Kobus ·

Die woord Apartheid.

Ek sien nou JHP van Rooyen het wel verdere korrespondiensie in sy navorsing raakgeloop en die woord Apartheid was nog vroeër as 1938 gebesig. Dit is naamlik reeds by ‘n sendingkongres op Kroonstad op 28 Junie 1929 deur ds JC du Plessis gebruik in ‘n toespraak oor “die Ideale wat ons kerk beoog in verband met sendingwerk”.

Polities Korrek ·

M’lady , daar was toentertyd GEEN korrupsie nie! Jou inligtingsbron (indien enige) is van alle waarheid gestroop.

M'Lady ·

Polities korrek : Daar was korrupsie in die tuislande. Biljoene is nooit aangewend waarvoor dit bewillig was nie. Jy kan maar daaroor oplees. Dis swart op wit.

Peet ·

Ek kan nie help om te wonder wat sou gebeur het met Suid Afrika as hierdie Hollander nie hier gekom het met sy idees van aparte ontwikkeling nie. Dalk was hy ‘n ordentlike mens en dalk het hy die beste bedoelings gehad, maar sy idees was die saadjie wat baie ongelukkigheid vir miljoene mense veroorsaak het.

Ken ·

So ongelukkig dat miljoene swartmense met groot desparaat na hierdie wit bestuurde land gemigreer het vannaf ander Afrika lande wat toe alreeds ten volle onder swart bestuur was.

Ashlee ·

LOL. Sommige lesers hier het n klok gehoor en jaag nou die bul. Die woord apartheid seg hulle, afkomstig van die Brit!! En soos een ou dit selfs opdis, “apart hate” After the 1948 election the word apartheid got printed in the Goverment Gazette. “Staatskoerant” This was the official medium used by the South African goverment to communicate with the public.

CHRISTA ·

Ashlee, I would like to know what is the difference between Apartheid and Segregation which was enforced in ALL THE OTHER BRITISH COLONIES?

Pendoring ·

Apartheid / Segregation – Dieselfde ding, jy hou net jou mond anders as jy dit uitspreek.
Ons moet elke dag om verskoning vra daarvoor; het die “queen” al ons om verskoning gevra?

Francios ·

Rynhardt ,Bobby Kennedy was in 1968 dood geskiet en nie in 1966 die jaar wat Verwoerd vermoor is nie

willemien ·

Ek is trots dat ek n kind was toe Verwoerd aan beheer was. Sy moord was n ramp. Ek salueer hom nog steeds.

Ben Prinsloo ·

Een van die grootste staatsmanne in die geskiedenis van SA. Groter as hy was daar nie. Peet as ons vanaand in n vergadering was het stoelpote nou gebreek as gevolg van jou stelling. Sal graag meer fotos van daardie begrafnis wil bekom. Sy foto en “Die Leeu van die Noorde” se fotos hang in my sitkamer, beide erfstukke waarop ek baie trots is.

Theuns ·

Lees die boek “13 JAAR IN DIE SKADU VAN DR. H. F. VERWOERD” geskryf deur FRED BARNARD uitgegee deur Voortrekker Pers 1967. Dit sal julle ‘n goeie idee gee van wie Dr. Verwoerd regtig was en selfs hoe hy Aparte Ontwikkeling verwoord het. Daar is ook potlood sketse in die boek wat aandui hoe hy apartheid gesien het. Ek het die boek met aandag gelees en kan werklik geen verskil tussen BREXIT en Sogenaamde APARTHEID beginsels sien nie. Dit is logies en kyk na jou land se belange en die van ander Volke. Nou dat die britte oorstroom word deur buitelanders en dit aan hulle geld sakke vat is apartheid beter! Hoe werk dit?

werner ·

En Verwoerd was Nederlands van geboorte….en nademaals was Nederland een van die heftigste oor apartheid/afsonderlike ontwikkeling.

Ben Prinsloo ·

Dankie Theuns ou maat ek gaan met hierdie titel biblioteek toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.