Foto’s: Verwoesting in die Overberg-distrik

Die verwoesting in Bettysbaai. Foto: Dirk Theron (via Facebook)

“So baie mense het hul huise verloor; alles wat hulle besit. Dit was so ʼn verskriklike, verskriklike dag met so baie trane.”

Só skryf ʼn sosialemediagebruiker in reaksie op die nuus dat talle huise in Bettysbaai en Franskraal Vrydagmiddag onder verwoestende wegholbrande deurgeloop het. Hoewel die omvang van die skade nog nie amptelik vasgestel is nie, is daar volgens berigte tussen 20 en 30 huise in Bettysbaai in die brand verwoes. In Franskraal het daar ook huise in die slag gebly.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van Bettysbaai, Franskraal en Karwyderskraal is Vrydagmiddag opdrag gegee om dringend hul huise te ontruim aangesien die brande in die gebiede buite beheer was. Sommige inwoners het hul besittings uit hul huis probeer dra, maar moes uiteindelik handdoek ingooi en met net die nodigste die gebied verlaat.

Vroegaand het reën oor die gebied uitgesak wat welkome verligting gebied en die brandbestryders gehelp het om die brande in bedwang te bring. Die sterk winde wat heelmiddag die vlamme aangeblaas het, het vroegaand ook gaan lê.

Die Overstrand-munisipaliteit het teen 20:15 gesê hulle is besig met assessering van die omvang van die skade in Bettysbaai, Franskraal en Karwyderskraal. Hulle het wel bevestig dat talle eiendomme in Bettysbaai en Franskraal in die slag gebly het, terwyl enkele eiendomme in Karwyderskraal ook deur die vlamme verswelg is.

Eiendom op Bettysbaai wat onder die brand deurgeloop het. Foto: Jean da Cruz (via Facebook)

“Voorlopige assessering by Northcliff en Hermanus Heights toon dat daar geen of slegs geringe skade hier aan strukture aangerig is. Een persoon in Bettysbaai is beseer en in die hospitaal opgeneem,” lui die verklaring.

Intussen is alle paaie in die gebied weer oopgestel. Kragonderbrekings kom op verskeie plekke voor en Eskom-tegnici werk daaraan om die kragtoevoer te herstel.

Vier gemeenskapsale het deur die nag oop gebly waar inwoners wat hul huise moes ontruim, kon skuiling soek. Talle mense het kos, komberse en mediese voorraad geskenk vir diegene wat die nag in die sale moes deurbring. Wetstoepassers het deur die nag die aangetaste gebiede gemonitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cornel ·

Daar word geen melding gemaak hoe die brand ontstaan het nie????

Nienie ·

Hoekom kry ek d gevoel dat dit met opset gestig is? Eers was dit Knysna…wat waarskynlik weerlig was. Nou is dit d hele Overberg distrik. Dis verkiesingsjaar en d DA swaai d septer hier. Blote toeval?

Yankee ·

So sad, so sad!! What els can i say. Lost a house 9 years ago in a California fire. Know how you feel. Hou moed, en bou weer op. Julle kan weer opstaan!!

John ·

Hierdie brand(e) woed reeds sedert Nuwejaar en te min is gedoen om die spul onder bedwang te kry. As dit op een plek begin het, moes dit met volle mag geblus geword het. Die dwase fakkelvuurder moet nou pa-staan vir al die skade. Waarom was daar nie nog hulp aangevra nie? Nou brand dit by Hermanus. Dit is redelik ver vanaf Bettysbaai. Is dt werklik deel van die storie? Kry die brandslaners goeie geld as ‘n brand aanhou en word dit dalk uitgerek vir nog ‘n dag se pay?

Amanda ·

Reeds in Desember was daar ‘n brand by Karwyderskraal naby Hermanus. Dit was onder bedwang gebring danksy reën, dit blyk of dit weer opgevlam het daar en toe deur d wind aangeblaas is in Hermanus se rigting. Bettysbaai en Franskraal se brande is ver v Hermanus af, hulle berig bloot saam daaroor omdat al die gebiede in die Overberg distrik is. As die wind van 60 -90km per uur waai is brandslaners redelik onmagtig om so ‘n vuur te stop.

chrisjan ·

John u weet duidelik niks van veld/bosbrande af nie.Of het u al een help bestry?Dan vra ek om verskoning.As daar ‘n sterk wind waai kan mens hom NIE keer NIE!Glo my.En smeulende stompe of takke of wat ook al kan hom dae later weer laat opvlam.Dis maklik om te praat.

Jakkie ·

Ek is gebore en getoë in die Kaap en is al 70 jaar ‘n Kapenaar. Nog nooit NOOIT was daar sulke erge plaas- eb bergbrande en dorpe wat in die slag bly nie. Sonder noemenswaardige brande het WOF (Work in Fire) sy ontstaan gehad en saam met dit die ontsettende brande wat dae lank verwoesting saai. Waarom was daar voor WOF nooit sulke intense brande nie. Die brande versprei soos kanker en WOF slaan vure dood. Wonder ek net hoe kan WOF voortbestaan sonder vuur – is die brande dalk werkskepping. Ek wonder maar net of WOF nie ondersoek moet word nie.

Ella ·

@ Jakkie ek het ook al daardie stelling gemaak en ek voel nog steeds so. As dit so is, is dit absoluut krimineel om die natuur met opset te vernietig. Wanneer gaan iemand n antwoord gee op hierdie vrae maar hoekom sal hulle want alles word in elk geval ontken.
Daar is net te veel brande om rorvallig te wees…

Andre ·

Verpligte voorbrande en brandbane! Almal moet dit doen!
Die brande gaan nóg erger word!

‘Vookoming is beter as genesing!’

Die brandwet in SA is die enigste wet waar die brandstigter SKULDIG geag word totdat hy sy onskuld bewys.

Swaar strawwe moet aan oortreders van die brandwette opgelê word.

Maria ·

Dink nie brandbane sou breed genoeg wees vir daardie sterk wind nie

Ella ·

Waar en hoe kan mens help? Soos by Wuppertal het baie mense alles verloor.
Hierdie is nuwe brande wat gestig is lankal nie meer deel van die oorspronklike brandstigting by Bettysbaai.
Ek dink ook dat te min gedoen is om die brande te probeer blus en dit het totaal handuit geruk maar ek kry ook die brandbestryders jammer, dit moet hel wees om so te werk.

Wonder ·

Indien julle nie in die area woon nie, sal julle nie besef hoe die wind die afgelope tyd hier gewaai het nie. Of liewers daar is min kere wat die wind nie waai nie. Die helikopters kon jy baie keer tot na 19:00 gehoor het. Dit is net jammer die knaap sit in die tronk en het nie self help brand slaan nie.

humor ·

Is dit dan so moeilik om voorsorg te tref soos om plantegroei tot op n veilige afstand te beperk sodat eiendom veilig is wanneer brande ontstaan. Hierdie brande kom nou te dikwels voor en daar sal n nuwe benadering moet kom. Maar met desedae se minisikaliteite is dit seker te veel verwag. Die gemeeskap sal verantwoordelikheid moet neem.

Ella ·

@ Jakkie ek het ook al daardie stelling gemaak en ek voel nog steeds so. As dit so is, is dit absoluut krimineel om die natuur met opset te vernietig. Wanneer gaan iemand n antwoord gee op hierdie vrae maar hoekom sal hulle want alles word in elk geval ontken.
Daar is net te veel brande om rorvallig te wees…

Antionette ·

Word daar nog brandpaaie gemaak vandag? Ek glo dit sal n groot rol speel in Brande.

Johann M van Heerden ·

Mense moet begin besef fynbos veld elke 10 tot 15 jaar moet brand vir sy eie voortbestaan. Hoe ouer die plantestand is hoe warmer en skadeliker is die vuur. Daar us duidelik nie enige behoorlike bestuur van die veld en die brande nie. Hoe vure eers so groot kan raak voordat iets gedoen word ek nie. Brand die veld gereeld en maak brand paaie. Kry ook mense war gereeld uitkyk vir brande.

Kapenaar ·

Bettysbaai se brand van flair wat geskiet was het niks te doen met Franskraal se brandstiging nie. Daar baie stories oor Franskraal se brand se ontstaan en ek kan nie glo media noem nie waar ons brand ontstaan het nie. Ons area in Franskraal lyk verskriklik vd brand. Wind was 100km gister dus het brand en vlamme blitsig versprei

PJC ·

Ek hoop almal wat verliese gely het se versekering is in plek want ek dink nie hulle kan enige hulp van die regering verwag nie.

Skilpadjie ·

Ek staan verstom oor die kommentaar. Nietemin…..ek bid vir elke een wat deur die brand geraak word, direk of indirek. Ek bid vir die nooddienste en elke persoon en instansie wat hande uitsteek vir hulp en bystand. Ek kan net bid dat die vure finaal geblus word. En ek bid vir die herstelpad wat voorle. Gebed het krag.

Corma ·

Kan daar ‘n noodfonds vir die slagoffers van die brande gestig word? Solidariteit of Helpende Hand, behoort hierin leiding te neem, want geen hulp sal van Regeringsowerhede ontvang word nie!! Ons moet mekaar, wanneer daar nood is, ondersteun, tenspyte van velkleur!!

DA BO ·

John jy maak my naar. Brandweermanne werk hulle flou in slegte omstandighede en vir min geld. Baie van hulle werk as vrywilligers. My seun was lank een van daai vrywilligers. So as jy niks goeds kan kwytraak, bly liewer stil of gaan slaan vuur dood.

AH ·

Die onsensitiewe kommentaar maak my boos! Was enigeen van julle wat sê dat te min gedoen is om die brande te bestry daar om te help? Weet julle hoe ‘n wegholbrand lyk? Natuurlik nie! Dit is te magtig om onder beheer te kry tenspyte van die beste voorsorg of brandbevegtig! Die hitte wat deur die sterk wind aangblaas word is onbeskryflik. Niks/niemand kan dit in sulke omstandighede naby die brande waag nie. Doen bietjie vrywillige werk by so ‘n brand voordat julle jul monde uitspoel oor hoeveel daar gedoen word om die brande te blus!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.