Foto’s: Vier dood in Jhb-kapingsdrama

the-hill-4ʼn Skietgeveg tussen veiligheidsbeamptes en beweerde kapers in die suide van Johannesburg het Donderdagmiddag die lewe van vier mense geëis.

Bruce Lennox, woordvoerder van die Glenvista-gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het gesê die voorval het plaasgevind nadat ʼn vragmotor wat elektroniese ware vervoer het naby Selby gekaap is. Die groep van sowat 14 kapers het glo ook ʼn VW Polo in dieselfde straat gekaap.

Die kapers het glo die elektroniese ware in die Polo en ʼn wit BMW gelaai en op die vlug geslaan. In daardie stadium is lede van die GPF en private veiligheidmaatskappye van die voorval in kennis gestel en hulle het die kapers agterna gesit.

Die veiligheidsbeamptes het die kapers in ʼn straat in The Hill gekonfronteer en die kapers het met R5-gewere op hulle losgebrand. ʼn Oor-en-weer-skietery het tussen die twee groepe ontstaan. Lede van die Johannesburg-blitspatrollie het die skote gehoor en hulle na die toneel gehaas.

Twee verdagtes asook die eienaar van TPS Security en ʼn lid van die GPF is op die toneel doodgeskiet, het Lennox gesê.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê drie verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem. Daar is ook beslag gelê op vyf ongelisensieerde vuurwapens en twee voertuie wat deur die verdagtes gebruik is. Dit het later aan die lig gekom dat die twee voertuie vroeër onderskeidelik in Hammanskraal en Florida gekaap is, het Mogale gesê.

“Die verdagtes sal op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord, besit van ’n gekaapte voertuig, besit van gesteelde goedere en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie verskyn,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dave ·

Maroela, die moordenaars sal beslis van moord en nie slegs ‘poging tot moord’ aangekla word.

Dave ·

Dankie Ben, ek het in die woordeboek seker gemaak en jy is voorwaar reg :-)
(die a en die o is nie eens langs mekaar so ek sou dit nie as verskoning kon gebruik – ek dink nog ‘n gangbare verduideliking uit)

langjan ·

R5 gewere word deur die weermag gebruik en lugmag,hoe kom hul elke keer af op R5 wapens??wa kry hul die wapens??ek meen dit moet tog uit ons magte uitkom!!!!

pop ·

Weermagslede ruil R5 wapens en bokse rondtes vir bottels brandewyn.

santooinette ·

Waar gaan die wereld heen. Dit is net moord elke dag.

carel ·

net vir die van julle wat nie weet nie ons het R1 en Vektor R4 wapens in die weermag gebruik – Lugmag het R3 en R5 gebruik maar die wapens wat hier gekry is kom heel moontlik uit die SAP – ons SAP is die mag met die meeste R5 gewere – hulle het baie al “verloor” – daar is al artiekels daar oor op Maroela gewees……

CHRISTA ·

G’n wonder ons regering moet MILJARDE se vuurwapens INVOER nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.