[Foto’s] Vier dood ná skietgeveg met polisie

Foto; Intelligence Bureau SA/Facebook

Vier mans is Vrydagoggend doodgeskiet en twee beseer in ʼn skietgeveg op die N12 naby die Putfonteinweg-afrit in Benoni aan die Oos-Rand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel is twee voertuie langs die pad aangetref. Volgens Meiring is twee liggame in die motors aangetref. “Albei mans het reeds aan hul wonde beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê nog twee mans is in die veld naby die motors aangetref. “Hulle het ook skietwonde opgedoen en is ook later op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring het twee wetstoepassingsbeamptes ligte tot matige beserings opgedoen. “Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.”

Volgens berigte is die oorledenes almal verdagtes en het ʼn skietgeveg tussen hulle en polisiebeamptes uitgebreek. Verkeer is erg ontwrig weens die voorval en die polisie is steeds op die toneel.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Kyk te veel misdaad videos op TV waar skurke wegkom.
Dink dan dis realiteit. Skurke word mos nie doodgeskiet nie. Polisie skuts skiet altyd mis.
Die keer nie!!!!

Pieter ·

Lees weer die berig, praat van twee wetstoepassings beamptes wat wat lig>matig beseer was, niks van polisie nie. Is dit R4 (military/geldwa) geweer met dubbel magesyn plus groot kaliber pistol met kneldemper en meer as 30 patrone magesyn in die foto’s?

Johannes ·

Mooi so wel gedaan aan die polisie beamptes. Elke sport het sy beserings as jy n vuurwapen wil rig en skiet op n polisie beampte moet jy die gevolge dra van jou aksies. Baie bly die polisie beamptes het nie erg seergekry nie

Ekwilibrium ·

Goeie nuus so op die Vrydagoggend! Eers die tienermeisie wat veilig tuis is, nou díé. Nog, nog!

Pckemp ·

Baie mooi werk manne in blou. Trots op julle. Nog 4 wat nie weer n misdaad sal pleeg nie. Maak ons land skoon

cor ·

Mooi julle is op en wakker, nou moet die klomp wat die plaas aanvalle ondersoek ook net bykom en begin soek en skiet, maar ek twyfel want die agbare minister het niks in sy begrotings toespraak genoem van optrede nie. Plaas aanvalle is blykbaar nie n prioriteit by hom nie.

Kotie ·

Was daar – het gevoel soos die Wilde Weste! Wel gedaan aan die polisie – hulle het nie vir my erg beseer gelyk nie, so hoop hulle hertel ten volle.

Justice ·

Welgedaan aan die polisie – behoort nie moeilik te wees om vas te stel waar daardie R5 gesteel is en aan wie dit toegeken was.

Shaun ·

Hi Justice . Daardie wapen is n ” Dashcomp SAR 14 ” . Nie n R 5 nie . Dis n wapen wat deur 4 van die grootste Bates In Transito maatskappye gebruik word . Onder andere SBV . Dit was waarskynlik gevat tydens n roof van een van hulle voertuie . Hy is maklik uitkenbaar aan sy lengte asook die kort vet blitsbreker .

Adriaan ·

Dashprod

Interessant om te sien dat beide wapens dubbelkantige magasyne, wat aan mekaar vas “getape” is, het. Ou bos tegniek. Reg vir baie skiet.

barend ·

ek ruik lont is die manne in blou nie betrokke by die mense en was nie bereid om die geld te deel met die rovers

Jan ·

Mooi so! Maak die land so skoon van al die misdadigers wat na slegs 3 maande op parool uit is. Hulle volhard steeds om misdaad te pleeg!

Hein ·

Fantasties !!! Dubbelbonus !!! Mbalula, gee hulle ‘n Goue kaart asb!!!

Riaan ·

Nou gaan hulle seker die arme SAPS lede aankla van moord en al die beskuldiges se families uit betaal vir inkoste verlies.

valie ·

Gee die SAPD die voordeel van die twyfel. wel gedaan. hoop ons hoor gereeld van julle.

Speedguard ·

Ek was daar verby, Aan die SAPD “Well done” die mense wat hul monde so spoel was nog nooit so blootgestel nie, meeste van die mense sal hul bevuil waneer die skote so om hulle klap, sterkte aan die lede wat gewond is.

Catryn ·

Uitstekende nuus, maar die polisie moet ook bietjie verklaar watse vuurwapens gebruik word teen ons mense … wees altyd paraat en weet hoe om jou vuurwapen te gebruik. Dis nie nou “cowboys en crooks” soos toe ons kinders was nie. Terrorisme wat ons plaasaanvalle loods moet moet dieselfde tipes vuurwapens hanteer word. Doen julleself ‘n guns en gaan lees die verklaring of definisie van ‘n terroris en wat ‘n terroris is – dis presies waarmee ons sit vandag en reeds van voor 1994 af. Terroriste ken net een taal.

Interessant dat daar so baie onopgeloste moorde is, veral plaas en ander blanke aanvalle, maar as dit kom by “bekendes” word die terroriste vinnige aangekeer.

Indien en wanneer ons Selfbeskikking verkry, kan ons ons eie weermag/polisie op die been bring …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.