Waarskuwing: Die foto’s in dié berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Vier mense is dood en twee ander beseer in twee botsings tussen vyf voertuie op die M1 naby die Marlboro-afrit in Johannesburg.
Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, sê die M1 noordelike én suidelike bane is kort ná 01:00 Saterdag gesluit weens dié ongeluk.
Drie voertuie was eers in ʼn botsing betrokke, voor twee ander voertuie oomblikke later ook in ʼn botsing betrokke was.
“Toe paramedici op die toneel [van die eerste ongeluk] aankom, was die rame van die voertuie gebreek en verwronge, en ongelukspuin het verspreid oor die snelweg gelê – alles die gevolg van ʼn trompop botsing,” sê Botha.
Twee mense is opslag dood in dié ongeluk, terwyl twee ander later in die hospitaal oorlede is.
Botha sê dié eerste ongeluk het aanvanklik ʼn verkeersopeenhoping veroorsaak. Weens dié opeenhoping het motors in lang toue gestaan om verby die afrit te probeer kom, terwyl sommige teen die verkeer in ʼn onwettige U-draai gemaak het.
Hy sê die toneel was nog nie skoon nie, toe ʼn vragmotor teen ʼn hoë spoed in ʼn afleweringsvoertuig vasry.
“Die nooddienste het hulle dadelik te hulp gesnel, en moes twee mans, een ernstig en een kritiek beseer, uit die voertuig sny,” sê Botha.
Die twee mans is na die hospitaal gehaas waar hulle tans stabiel is.
- Die ongeluk op die M1 (Foto: Netcare911)
- Die ongeluk op die M1 (Foto: Netcare911)
- Die ongeluk op die M1 (Foto: Netcare911)
- Die ongeluk op die M1 (Foto: Netcare911)
- Die ongeluk op die M1 (Foto: Netcare911)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Dit lyk soos oorlog op ons paaie. Asof daar geen wet is nie. Niemand wil 5 min wag nie. Deur n onwettige U draai maak en nog mense sterf. Diecpaaie by ons in Kwa Zullu is nat ditvreen baie erg. Wees asb verdraagsamer mense
Net spoed kan n kar so vervrommel sterkte aan die familie van die oorledenes.
Gister op pad terug van Uterecht ..reenweer..het hoeveel voertuie op DUBBEL sperstrepe ons verbygegaan terwyl ek voortgekruie het teen110 kmpu. Jy kon sien hierdie menere se voertuie was onpadvaardig en ruite opgewasem. Geen bloubaadjie in sig..nie eers onder di bome ni. My ma hoor my!
As mens kyk na die voertuie besef jy spoed moet die hoof faktor wees om so verwoestng te saai. Geen lugsakke of veiligheids toerusting kan jou in die ongelukke van hulp wees nie. Ons paaie met onverantwoordelike drywers is ń slagveld.
Hi-jackers was die oorsaak.