Vier mense is dood en twee beseer in ʼn gru-botsing Saterdag in die vroeë oggendure in Durban se middestad.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê die botsing het om 02:00 op die hoek van Dr. Yusuf Dadoo- (Broadstraat) en Anton Lembede (Smithstraat) plaasgevind.
“Twee voertuie het in die T-aansluiting gebots waarna een die pad verlaat en in ʼn kitskosrestaurant ingeploeg het. Die toneel was chaoties,” het Jamieson gesê.
Volgens Jamieson het een van die voertuie op sy dak tot stilstand gekom. Drie insittendes is in dié voertuig aangetref en een passasier, ʼn vrou in haar 30’s, is tydens die trefslag vermoedelik uit die voertuig geslinger.
“Die drie insittendes, twee mans in hul 40’s en ʼn vrou in haar 30’s, is met verskeie noodlottige beserings aangetref. Hulle is op die toneel dood verklaar. Die vrou wat glo uit die voertuig geslinger is, het kritieke beserings opgedoen.”
Paramedici het onverpoosd gepoog om die vrou te stabiliseer, maar haar hart het gaan staan en sy is op die toneel dood verklaar. Jamieson het gesê die oorledenes was almal van dieselfde gesin.
“Twee insittendes van die ander voertuig, ʼn pa en sy seun, is ook ernstig beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.”
Die omstandighede wat tot die botsing gelei het, is onbekend en word deur owerhede ondersoek.
- ‘n Voertuig se wrak. Foto: Verskaf
- Die voertuie se wrakke. Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Absoluut roekelose bestuur met hoe spoed met ignorering van n t aansluiting – padteken.
Liewe genade dit is n verskriklike ongeluk. Kan nie glo enigeen het oorleef hier nie.
Dis end vd maand. 2 Uur in d oggend….mens kan nie help om te wonder….
Wonder hoe oud is die pa en seun, want n pa sal nie jaag met n jong seun in die kar nie, tensy pa en ouerige seun vir n aand uit was, kan hul miskien na n paar versterkings laf wees en jaag , maar karre kan beslis nie so lyk wat teen 60 bots nie. Die kar op die dak (met die 4 oorlede passasierd) is teen die kant gestamp, en die ander sê neus, duidelik het een van hulle ook nie gestop nie.
Middernagtelik is ek mos alleen op die pad . . .