Foto’s: Vier sterf in Meyerton-botsing

Die BMW wat aan die brand geslaan het. Foto: ER24

Die BMW wat aan die brand geslaan het. Foto’s: ER24

Vier mense is Saterdagmiddag dood nadat ʼn BMW en ʼn minibus op die R59-snelweg naby Meyerton, Gauteng gebots het. Die man wat die BMW bestuur het, is deur omstanders uit die voertuig gered net voordat dit aan die brand geslaan het.

“Drie mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag,” het Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, gesê. “Vyf mense is tydens die ongeluk beseer. Twee van hulle was kritiek en paramedici moes vinnig werk om hulle te stabiliseer.”meyerton-er24

Die twee kritiek beseerde slagoffers moes met helikopters na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word. Vermaak het gesê een van dié mense het ʼn ledemaat in die ongeluk verloor. Die ander persoon het kritieke borsbeserings opgedoen. Een van die slagoffers het in die hospitaal weens haar beserings beswyk.

Die res van die pasiënte is met ambulanse na hospitale geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur plaaslike owerhede ondersoek.”

ʼn Gedeelte van die snelweg was vir ʼn geruime tyd vir verkeer gesluit terwyl die toneel ondersoek en opgeruim is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

monique ·

Jaaaaaaaaag!!!!!!!!!!!!!!!!!ons is allankal verby die 120km merk….mense jaag,stop nie by stopstrate en wat nog van rooi robote,,,,waaaaaaar is die metro polisie….wil niemand meer werk nie,,,,

AvraD ·

Dit is waar, Monique. Ek woon in Pretoria-Noord en ry daagliks 30km na my werk. In Justice Mahomedstraat (Charles Straat) ry die taxis en sekuriteitsvoetuie gemiddeld 110kph in ‘n 60 kph Zone. Daar bestaan nie vir hulle iets soos ‘n solide witlyn in die pad en ‘n rooi verkeerslig is ‘n toegee teken. Maar die verkeersmanne is nog in die bed net so skuins na 05:00 in die oggend.

fanie pretorius ·

Ja ons was die naweek in mooinooi.toe ons sondag middag trugkom mton toe,was daar 3 ongelukke op die n1 as gevolg van spoed.asb werk almal saam daaraan.dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.