[Foto’s] Vier sterf in Middellande-botsing

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

Vier mense is dood en twee beseer toe ʼn bakkie en ʼn motor Sondag in KwaZulu-Natal se Middellande gebots het.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die botsing omstreeks 12:30 op die R617 buite Boston plaasgevind.

“Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en word deur owerhede ondersoek. Met paramedici se aankoms op die toneel is die motor en die bakkie se wrakke in die pad aangetref,” het Vermaak gesê.

Drie mense in die motor was reeds dood. “ʼn Man is ernstig beseer en kon maklik uit die wrak gehaal word. Sy toestand het egter vinnig verswak en ten spyte van verskeie pogings om sy lewe te red, het hy aan sy beserings beswyk.”

Die ander drie oorledenes se liggame moes uit die wrak gesny word.

Twee mense wat in die bakkie gery het, het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na die Northdale-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

Jammer hierdie ongeluk is beslis deur roekelose bestuur end spoed op ‘n gevriesde pad veroorsaak.
Boston le spierwit bestuurders moet weet – as jy nie in snuee bestuur het nie! BLY VAN DIE PAD AF!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.