[Foto’s] Vier sterf in trompop botsing

Die bakkie se wrak. Foto: Verskaf

Vier mense is Saterdagaand in ʼn trompop botsing tussen Bethal en Middelburg in Mpumalanga dood.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het gesê die noodlottige botsing het omstreeks 22:00 op die R35 plaasgevind.

“ʼn Nissan Hardbody-dubbelkajuitbakkie en ʼn VW Polo-sedan met ses insittendes het mekaar reg van voor getref,” het Mabuza gesê.

Volgens Mabuza is die bestuurder en drie passasiers van die Polo in die botsing dood.

“Die ander drie passasiers en die bestuurder van die bakkie is met ernstige beserings na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die botsing is onbekend en word ondersoek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stella ·

Ek vind dit moelik om te verstaan hoekom moet die mense op so n hoge spoed jaag nogal in die donker moes baia vinnig gery het on sulke wrakke agter te laat

Frannie ·

Ek het eergister van vakansie af terug gekom en dit is skrikwekkend hie baie mense op soliede strepe verby gaan of verby wil gaan.
Een persoon wou van agter ‘n trok verby gaan en was gereed om net te “GO”. Goddank het hy terug geruk, want ek het van voor af gekom. Ek het my lam geskrik. Ek sien nog heeltyd sy bakkie se hooflig voor my as ek my oë toe maak.
Dankie Here, ons leef om hierdie storie oor te kan vertel.

Johan ·

Daar is ‘n generasie bestuurders wat geen respek het vir ‘n wit lyn nie…veral lyk my ‘n dubbele stel nie. Dis net so jammer dat een party totaal skuldig is en vir die ander soveel trauma besorg. En totaal uit ongeduld!!!

Ben ·

Kyk na die pad, sperstrepe verontagsaam.Dit is daar om pad mooier te laat lyk.

Jaco ·

Waarom dink julle spoed??? Die slag van 2 voertuie wat teen 60 elk ry is n GROOT ongeluk. Dis veel eerder sperstrepe wat verontagsaam is of iets anders. Spoed op sigself kan nooit n ongeluk laat plaasvind nie. Ry bietjie 200km per uur op n veilige plek en julle sal sien daar gebeur niks.

Francois Le Cochon ·

Enigste veilige plek wat ek kan aan dink om 200kmpu te ry, is ‘n ongebruikte aanloopban. Is daar enige ander veilige plekke?

Griki ·

Totdat ‘n band bars, of jy op ‘n oliekol gly of iets voor die kar inhardloop en jy outomaties uitswaai, of jou aandag vir ‘n oomblik van die pad afgetrek word… Dis ‘n geklik om te sê om teen 200km/h te ry kan veilig wees. Dis om die noodlot te tart en is ‘n ongeluk wat net ‘n plek soek om te gebeur.

Ramkat ·

Jaco, jy skree in n donderstorm.
Die owerhede het “hul mind opgemaak” oor wat.die oorsaak is en “don’t want to be confused by facts”.
Gewoonlik is die.”besluitnemers” totaal on – wetenskaplik in hulle.denke.en daarom sal “wetenskaplike navorsing” geen dit aan hulle siening.verander nie.

Wat wel waar is, is die feit dat wanneer daar iets gebeur is die oonstemmende gevolge soveel erge.

ken benoni ·

Jaco en Ramkat: Julle is 100% reg.
Oorsake van botsings is wat vermink en dood, dinge soos. Vermoeidheid, Verontagsaming van pad rëels, Alkohol, Dwelems, Selfone, Onbevoegde bestuurders, Onverdraagbaarheid, Kans vatatters en die eie EK-sindroom!
Dit is wat botsings veroorsaak met hul erge ongerief, pyn, verminking en dood op ons paaie. Vergeet nie ons Verkeers polisie self nie!!

ken benoni ·

Jaco en Ramkat: ek gee julle 100%
Kyk na sperstrepe, die weers omstandighede, alkohol, dwelems, selfone, on-opgeleide bestuurders en on- padwaardige voertuie!!

Vetsak ·

Ken, ek stem 100% saam met jou, Jaco en Ramkat. As al daardie dinge wat jy (dit is nou Ken) opgenoem het uitgeskakel word, gaan die sterftesyfer op ons paaie dramaties verminder. [Maar dit is wensdenkery dat dit sommer oornag, of ok it, gaan gebeur.]

ken benoni ·

M M: is dit nie dalk moontlik om vir persoon tewys of aan te dui dat jou kommentaar hangend is om geplaas te word nie, dit lyk swak as mens tot Drie keer dieselfde kommentaar uitstuur net omdat ons nie aanduiding het dis in proses om solteer te word. Groot asb!!

Gypset2 ·

‘n Vrou wat ek wou reg help in ‘n parkeerarea wat teen verkeer gery het,het eenvoudig vir vir my gese,”I can do what I want”! En dit,nadat ek mooi met haar gepraat het!!!!!!
Nou vra ek,”Wat Nou.”???????????????

Peet Schabort ·

Nou vang die verkeersmense in Vanderbijlpark in Beethovenstr. motoriste wat nie dood stilhou by ‘n stopstraat wat nie eers ‘n kruising is. Dis goed en wel maar die ander straat wat hier aansluit het GEEN STOPTEKEN hetsy ‘n bord of op die padoppervlakte. Dan is daar nóg ‘n straat wat hier aansluit waarvan die stopteken weggesteek is tussen boomtakke. Wys ek hulle daarop word jy aangegluur en Nkosi Sekelele vir jou gesing! Maar toe ek hulle voertuig (Corolla) bekyk is die regter agterste lig se een lens stukkend! Hulle ry dus met ‘n onpadwaardige voertuig. Ja, ek het foto’s om te staaf wat ek hier sê. Dalk is hulle “we are the law!!” soos een vir my gesê het by Secunda toe ek hom daarop gewys het dat hul woonwa-kantoor nie glimstroke het. Nee-wat, hul moet eers voor hul eie deur vee.

Marinda ·

Wat van paaie soos hier by ons wat net gate is en geen strepe hoegenaamd nie. Die inwoners probeer maar self gate regmaak. Daar is egter geen strepe geverf op ons paaie in Eloff en daar kort tot padtekens. Mense weet ook nie by ń sirkel gaan jy links om die sirkel nie. Die mense van die stede wat so kla kom kyk hoe lyk hoe paaie op die platteland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.