[Foto’s] Vier swaar gewapendes sak toe op Pta-vulstasie

Foto: Hi-Risk Unit/Facebook

Foto: Hi-Risk Unit/Facebook

Vier swaar gewapende mans het Dinsdagaand op die Engen-vulstasie in Rigelweg, oos van Pretoria, toegeslaan.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier mans het balaklawas aangehad toe hulle omstreeks 23:23 die vulstasie binnegestorm het. Volgens Brits het lede van die blitspatrollie verbygery terwyl die rooftog aan die gang was, en het die verdagtes op hulle losgebrand.

Brits het gesê die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant in ʼn wit Golf GTI gevlug. Sy het gesê niemand is tydens die voorval beseer nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die veiligheidsdiens Hi-Risk Unit het intussen gesê die verdagtes was met R5- en AK47-aanvalswapens gewapen. Volgens die veiligheidsdiens is die OTM in die vulstasie ook opgeblaas. Talle mense is glo ook met vuurwapens aangehou tydens die rooftog.

Brits kon nie die inligting bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert ·

Die polisie moet hul self beskerm en skiet rowers dood op sig . anders word polisie uit gemoor , DANKSY ZAMBA

Peet Schabort ·

Sal nou nie ‘n keuse hê as om ook ‘n R5-geweertjie aan te skaf vir selfverdediging.

Pietertjie ·

Ek hoop die groepie het aan BBBEE voorskrifte voldoen!

Anoniem ·

Wonder wat sal gebeur as een van Zuma se familielede wreed vermoor, verkrag of aangerand word……gaan hy dan doodstraf terugbring….. GLO NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Eish! ·

Jy laat my dink. Hy het mos ‘ paar vrouens en baie kinders. Hy sal seker apartheid die skuld gee. Apartheid en Jan van Riebeeck! Die arme verdrukte volk wat alles gekry het en als steel en die boere wat self opgebou het.

Donovan ·

Misdaad het geen kleur nie, ons moet dit onthou… BID vir die land se mense, ons geveg is nie teen vlees nie… As almal wil opruk en geweldig raak is ons niks beter as die elemente wat ons so tuister nie… kom n slag op jou kniee en doen jou deel, roep die Here aan…

andre de kegel ·

als julle die rowers en moordenaars vat julle moe een ding doen die doodstraf invoer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.