Foto’s: Vier vas oor onwettige sigarette

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat meer as 2 300 kartonhouers onwettige sigarette in hul besit gevind is.

Lede van die Pretoriase blitspatrollie het Maandagaand ʼn klag ontvang oor twee voertuie wat roekeloos in Kerkstraat bestuur. Beamptes het na die toneel gehaas waar hulle twee Toyota-bakkies sien jaag het.

Beamptes het die bakkies van die pad af getrek en deursoek waarna hulle op 2 302 kartonhouers sigarette beslag gelê het. Die verdagtes was glo van Mokopane na Midrand onderweg. Volgens die polisie is een van die bakkies vroeër vandeesmaand in Brackendowns gesteel terwyl die ander een verlede maand in Hartbeespoort gesteel is.

Die vier verdagtes sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van onwettige sigarette en gesteelde voertuie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

zahn ·

2302 kartonne. Hmmm, hier by ons is ‘n spottery, as jy ‘n inbraak aanmeld, word jy outomaites ‘n tweede keer beroof. Dit kom jy gewoonlik eers agter na die ondersoekspan daar was.

Neptunus ·

Het altyd gedink dis meestal Pakistani’s of Bangladeshi’s wat hierdie tipe misdryf pleeg. As die foto heelbo enigsins betroubaar is, lyk dit of minstens een van die verdagtes blank is. Die versoeking was seker nou maar eenmaal te groot om nie te “dice” nie. Lekker pappie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.