[Foto’s] Vier vas vir Limpopo-plaasmoord

Foto: Facebook via HPG.

Vier verdagtes is vasgetrek in verband met die gewelddadige plaasaanval waarin Pattie Peterson (73) doodgeskiet en haar man deur die kaak geskiet is.

Sakkie Louwrens, direkteur van die Heritage Protection Group (HPG), het aan Maroela Media gesê drie verdagtes is vanoggend net ná 00:00 in Kanana in Hammanskraal vasgetrek. Volgens Louwrens is die mans by hul onderskeie huise in hegtenis geneem in ʼn gesamentlike poging tussen HPG en die polisie.

“Die vierde een was reeds in hegtenis geneem vir ʼn ander aanklag.  ʼn Vyfde verdagte is nog soek, maar ons weet wie hy is en waar hy bly – ons was by sy huis en alles.” Daar is tydens die inhegtenisneming beslag gelê op ʼn selfoon was tydens die aanval gesteel is, asook ʼn handwapen en ammunisie.

Lt.kol. Moatse Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig daar is verdagtes in hegtenis geneem, maar wou nie dadelik meer inligting bekend maak nie. Volgens hom is die polisie nog besig om ʼn verslag saam te stel.

Maroela Media het vroeër berig Pattie en haar man, Cecil (82), is op 13 September op hul plaas TNT tussen Nylstroom en Warmbad aangeval. Ngoepe het gesê vier aanvallers het die huishulp wat buite die huis besig was met ʼn vuurwapen gedreig en na die huis gedwing. “Hulle het glo geld geëis en ʼn onbekende hoeveelheid kontant is tydens die voorval gesteel.”

Pattie is deur ʼn veiligheidshek in haar maag geskiet. Sy is op die toneel dood.

Foto: Facebook via HPG.

Foto: Facebook via HPG.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Veronica ·

My bloed kook want al sien ek hulle van agter af op foto , kan ek net dink wat die 2 Bejaardes moes deurgaan om hulle face to face te sien . . .
Ek glo met my hele hart dat die doodstraf die misdade drasties gaan laat afneem!!!

Pieter ·

Ek sal bitter graag hulle borgtog wil betaal en hulle self weg vervoer vanaf die hof…..

Piekie ·

Wens ek dit aan hulle families ook doen….
As jy kan uit deel moet jy kan vat wat na jou kant toe kom…

Willie ·

Ek kook oor van kwaad! Dis tien teen een ons land se burgers ook… hulle se in Afrikaans ons gaan julle dood maak, maar hulle blameer dit buitelanders… nie dat ek se dis nie buitelanders nie.. hulle is net so skelm en moordadig in SA

Tienie Grobler ·

5 Boere sal 100 jaag en 100 sal 10 000 jaag en 10 000 sal 1 000 000 jaag. Moenie kommer nie. Hulle is lafharte. Dit is hoekom 5 van hulle 2 bejaardes aanval. Die volk raak moeg en ñ massa aksie wat d.m.v ñ mee-loper effek sal sneeu-bal sal onafwendbaar wees.

Gys ·

Wel gedaan aan die polisie en almal wat betroke was. Polisie het hulle werk gedoen maar nou gaan die regstelsel hulle laat vrei gaan weens tegniese redes of apartheids redes. Dit is mos maar wat altyd gebeur

Johan ·

O ek sal dis so geniet met die vier manne …..soek net n soldeerbout en bietjie gries

Boet Fasie ·

Wys hulle gesigte nie die agterkant van hulle koppe nie, wil sien hoe lyk die gemorste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.