[Foto’s] Vier ‘winkelsentrumrowers’ in Pta aangekeer

Een van die voertuie waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die Pretoriase polisie het Woensdag vier vermeende rowers aangekeer voor hulle vermoedelik op ʼn sakeonderneming in die stad wou toeslaan.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die sukses volg ná ʼn gesamentlike poging deur die Tshwane-Wes-polisiëringsgebied se triotaakspan en die Atteridgeville-polisie.

“Die polisie het inligting ontvang dat die verdagtes beplan het om ʼn rooftog by ʼn bepaalde sakeonderneming in die omgewing te gaan uitvoer,” het Selepe gesê.

Die beamptes het vinnig reageer en die vier verdagtes, tussen 40 en 58 jaar oud, voorgekeer en in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens en twee voertuie, ʼn rooi VW Polo en wit Ford-bakkie, wat in die verdagtes se besit was.

Die verdagtes word glo reeds verbind aan ʼn rooftog by Atlyn Mall in Atteridgeville.

Die verdagtes moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Volgens Selepe sal meer aanklagte teen die verdagtes bygevoeg word namate die ondersoek vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Zet Perry ·

immers is daar nog ‘n ligpunt in die SAPD wat iets probeer……………BAIE GELUK!!

Magda ·

Dankie vir die vinnige optrede deur die SAPD – Lekker om iets goeds te lees.

Well done ·

Well done Polisie, so trots op julle!!!! Doen so voort, hoop die ander lui mense word geinspireer en help.

ice ·

Wys hulle gesigte ook soos die boere wat die plaasmoordenaars doodgelsaan het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.