Foto’s: Vierde tornado in KZN gewaar

Die tornado is Saterdagmiddag in Ulundi gewaar, (Foto: Twitter)

’n Tweede tornado het KwaZulu-Natal binne 24 uur getref – dié keer in Ulundi en omgewing.

Foto’s van dié tornado, nou die vierde wat die provinsie vandeesmaand tref, is Saterdagmiddag op sosiale media gedeel waarna Sipho Hlomuka, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, reddingspanne na Ulundi gestuur het om ondersoek in te stel.

Die reddingspanne was reeds op die grond in Utrecht, sowat 190 km daarvandaan, waar ’n tornado Vrydagaand verwoesting gesaai het.

“Die departement het die Suid-Afrikaanse Weerdiens genader wat bevestig het dat ’n hewige storm deur dele van Ulundi geruk het. Volgens waarnemings deur hul radarstelsel bevat dit die kenmerke van ’n tornado,” het die departement op Twitter bevestig.

“Ons het die besluit geneem om ons spanne na die gebied te ontplooi, hoewel daar geen skade of beserings in hierdie voorval aangemeld is nie.

“Ons spanne is yl verteenwoordig op die grond, terwyl ons reageer op voorvalle wat dele van die provinsie sedert 25 Oktober 2019 getref het,” lui die inskrywing.

Maroela Media het vroeër berig Vrydag se tornado het skade aan groot dele van die Waterval- korrektiewe sentrum in Utrecht aangerig. Tot 20 personeelhuise het ook in die slag gebly.

Twee ander tornado’s het vroeër vandeesmaand die New Hanover-gebied net buite Pietermaritzburg asook die Bergville-gebied getref.

Die LUR het gesê 23 mense is sedert Oktober in die provinsie dood weens weerverwante voorvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sarel ·

Ag nee. Soveel in kort tyd is ongewoon maar dit kom verssker in sa voor. In die jare 90 in my huis in Welkom beskadig deur ‘n tornado

Human ·

Rig jou vraag aan die wat nie glo in aardverwarming. Ek sien daar is heelwat van hulle op die forum. Dalk kan hulle. met hul besonderse wysheid, antwoorde verskaf oor die klas van goed, veral die wat in standerd ses aardrykskunde gehad het op skool.

Mic ·

Dit is Baie waar… Jammer vir die wat nié glo Dat die eindtyd voor die deur is nie….

Natan ·

Baie swak beriggewing na die 4de tornado. Wat veroorsaak dit? Volgens my kennis is dit ‘n laagdrukstelsel met intense koue onder en warm lug bo. Die Kaap kry nog reën en koue. Dit is altyd goed en beskaafd om die werking van die skepping te verstaan.

Hein ·

Ja ,stem, en dan verstaan mens nog net HOE ( Hy) dit doen, maar dan is daar nog altyd n vraag: , is daar dalk n HOEKOM hy dit doen, want die HOE verklaat net die manier , maar die HOEKOM ksn die rede daar agter gee

Jan pierewiet ·

Die noordelike halfrond is in ‘n afkoel fase. Oktober 2019 is 8500 koue rekords opgestel en die suidelike halfrond word sedert 2015 warm rekords opgestel. Alledaags om 37 grade daagliks te sien in sentraal Sa.
Engeland beleef nou die koudste winter vir nov sedert rekords, terwyl ander europeese lande Frankryk weer die warmste somer ooit aangeteken het.
….. die gemiddeld van alles lyk my is redelik normaal.

Gerhard ·

Die tornados het baie min of niks met aardverwarming te doen. Sedert 7500 v.C. het die aarde geleidelik ‘n bietjie koeler geword, maar die tydperk is nog steeds die langste bestendige ‘somer’ wat die aarde die afgelope 400 miljoen jaar beleef het. Die aarde het oor die afgelope paar duisend jaar dikwels skielike temperatuurskommelinge beleef (soos nou), maar die mens het dit redelik goed hanteer omdat daar min mense was en hulle na ander plekke toe kon ‘verhuis’. Nou is daar te veel mense op die aarde en geen plek oor om na te vlug nie.

Attie. ·

Soos Hy ons sal voed in die eindtyd wat om die draai is, so Sal Hy ons ook beskerm teen die natuur soos tornados en vloede. Begin net te besef dat alles wat ons besit behoort aan Hom wat dit vir ons geleen het.

Isabella ·

My ma het altyd gese die Here vat dubbel terug van wat geneem word ek weet daar is baie wat nie so dink ni maar dit is so vir elke wit wat vermoor word betaal hul terug en die tornado is bewys daar van ons het nog nooit do iets gehad ni en ek is 62 baie reen maar nie tornado ni hy is besig om met die mens te werk en om ons te help waar ons dit nodig het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.