[Foto’s] Vishoek-brand onder beheer

Die brand wat Donderdag in Vishoek gewoed het. Foto via Fish Hoek Beach op Facebook.

Die brand wat Donderdag in Vishoek gewoed het. Foto via Fish Hoek Beach op Facebook.

Die groot veldbrand wat in Vishoek naby Kaapstad gewoed het, is Donderdagaand onder beheer gekry.

Verskeie inwoners is Donderdagmiddag ontruim en na ʼn gemeenskapsaal geneem. Richard Bosman, die stad se uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit, het teen 20:00 vir dié mense die groen lig gegee om terug te keer na hul huise.

Brandbestryders en ander rolspelers was Vrydagoggend steeds in die gebied om die situasie te monitor.

Maroela Media het vroeër Donderdag berig ʼn verkoolde liggaam is in ʼn treinwa gevind wat by die Vishoek-treinstasie weens die veldbrand aan die brand geslaan en uitgebrand het. Die persoon is onherkenbaar verbrand. Lees meer hier.

vishoek brand 5 vishoek brand 4 vishoek brand 3 vishoek brand 2 vishoek brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.