Foto’s: Vislyn, toue in uitgespoelde walvis se maag aangetref

Foto: Facebook met vergunning van Mark Dixon.

Die dood van ʼn dwerg-potvis, beter bekend as ʼn spermwalvis, wat Vrydagoggend op Swartvleistrand naby Sedgefield in die Tuinroete uitgespoel het, kan steeds nie toegeskryf word aan een spesifieke oorsaak nie.

Mark Dixon, marinebioloog van die Garden Route Trail, het gesê daar het in die afgelope maand twee walvisse op Swartvleistrand, oos van Sedgefield, uitgespoel.

Volgens Dixon neem ʼn spermwalvis sowat 900 kg prooi duik tussen 300 en 1 200 m diep en maak hoofsaaklik jag op reuse-inkvisse.

“Die spermwalvis wat op Swartvlei uitgespoel het, is 16,37 m lank en het 36 tande op sy onderste kaak gehad,” het Dixon in ʼn verklaring op Facebook gesê.

Volgens Dixon was daar talle navorsers wat die karkas ondersoek en monsters geneem het. “ʼn Belangrike deel van die neem van monsters was om die tande van die onderkaak in veilige bewaring te neem voor trofeeversamelaars en moetieversamelaars daarop kon toeslaan. Die onderste kaak van die walvis is verwyder.”

Die Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T), SANParke en die Plett Stranding Network het ook gehelp met die beheer van die skare en die neem van monsters.

Die vislyn en toue wat in sy maag opgespoor is. Foto: Facebook met vergunning van Mark Dixon.

Die nadoodse ondersoek van die walvis is Sondagoggend van stapel gestuur deur onder andere dr. Stephanie Plon van die Nelson Mandela Universiteit en dr. Greg Hofmeyr van Bayworld in Port Elizabeth. Volgens Dixon het die walvis byna oornag verskriklik opgeblaas.

“Ons hoofdoel was om die inhoud van die maag te ondersoek.”

Daar is snye in die maag gemaak en ʼn tou is daaraan vasgemaak sodat die flap met ʼn 4×4 oopgetrek kon word om by die inhoud van die maag uit te kom.

Altesaam sowat sewe liter inkvisbekke en vyf liter vislyn en toue is in die walvis se maag aangetref.

“Die maagwand het ook ʼn vergroeisel in gehad en daar is weefselmonsters geneem om vas te stel of dit ʼn maagseer of ʼn gewas kon wees.”

Dixon het gesê alhoewel daar vislyn in die walvis se maag aangetref is, het dit steeds nie die dier verhoed om sy prooi te vang en te eet nie. Die walvis was volgens wetenskaplikes op die toneel ʼn paar dae tot ʼn week lank dood voor dit op die strand uitgespoel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harry ·

Die totale hoeveelheid tou/lyn kan alles binne-in ‘n 5 liter emmer gedruk word en dis die maateenheid wat saakmaak vir die vis se pens, nl. die volume sintetiese gemors plus die volume onverteerde inkvisbekke, wat altesaam 12 liter se gemors is. As hul jou die nat massa of totale lengte van die tou/lyn gegee het, sou jy geen benul van die effek daarvan kon insien nie.

Sanna ·

Hoop die walvis het homself verskeie kere verplaas in sy leeftyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.