[Foto’s] Vliegtuig doen noodlanding by O.R. Tambo

Foto: Warren Mann/Facebook

Foto: Warren Mann/Facebook

Die Suid-Afrikaanse lughawensmaatskappy (Acsa) het bevestig dat ʼn vliegtuig van British Airways Maandag ʼn noodlanding by die O.R. Tambo-lughawe moes doen.

Colin Naidoo, woordvoerder van Acsa, het gesê vlug BA6234 het omstreeks 12:06 ʼn noodlanding gedoen. Die aanloopbaan is tydelik gesluit. “Die lughawe maak nou van die tweede aanloopbaan gebruik en dit veroorsaak vertragings.”

Die vlieënier het glo aan passasiers gesê dat daar probleme met die vliegtuig se landingstoerusting was. Passasiers moes met behulp van ʼn noodtrapreling die vliegtuig verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Winston ·

Goed gedoen onder omstandighede. Vlieënier het kop gehou. Vliegtuie raak ouer en instandhouding nie altyd op standaard nie.

arie plaasboer ·

Winston,
Moet jou liewer nie uitlaat oor vliegtuig instandhouding as jy niks daarvan weet nie.
Die vliegbedryf is ongelooflik behep met behoorlike instandhouding van vliegtuie en daar bestaan baie regulasies (waarvan jy waarskynlik nie eens bewus is nie)in daardie verband.
Alle insidente word behoorlik ondersoek in `n poging om `n soortgelyke insident te voorkom.

Stormrider ·

Hi Wonder, ek is self ‘n oud-vlieenier, hoewel nie naastenby van die kaliber loodse wat hierdie nood-landing vandag moes uitvoer nie. Hierdie LOODSE (met ‘n d), is hoogs-opgelei, en hulle het fantasties gedoen. As ‘n onderstel weier om te deploy, sit dit nie in elke ou se broek om ‘n vliegtuig te land sonder dat dat daar beserings of lewensverlies is nie. Kom ons wees bietjie positief en gee krediet aan diegene wat dit toekom? Ons moet tog hard probeer om nie verbitterd, eng en verkramp te wees oor alles nie, of wat se ek?

Manie Barnard ·

Ek self as n vlieenier op ligte vliegtuie weet hoe dit voel om 3 noodlandings te gedoen het en een met vol passasiers. Is nie maklik nie. Eer aan die vlieenier wat kalm gebly het soos wat ons opgelei word.

SNEL ·

Ja-nee, any landing you can walk away from is a good landing. Bly almal is veilig en n klop op die skouer vir daai loodse wat goed kopgehou het.

petro ·

HAHAHAHA hoe dink ek nou aan shorty(leon schuster) toe ek daai lees van any landing.

Piet Snot ·

As jy die vliegtuig weer kan gebruik, is dit ‘n bonus.

Kate ·

Well done aan die vlieenier. Dit moes vir die arme bemanning vreesaanjaend gewees het. Wanneer ek vlieg het ek die gewoonte om altyd vir die vlieenier ‘n boodskap te laat by een van die vlugpersoneel “sê vir hom dankie vir ons veilige vlug”.

Eliza-beth ·

Haai Kate – DIS nou ‘n wondelrike idee! Mens dink ampers nie elke keer hoe gelukkig ons is dat ons veilig geland het nie! Fantasties van jou. Ek hou ook daarvan om, as ek goeie diens (winkel, restaurant, watookal) ‘n epos aan die bestuur te stuur; mens kry dan terugvoer dat hulle die spesifieke personeellid my epos gewys het en dat dit die persoon SO bly gemaak het. Dis so maklik om iemand se dag vol sonskyn te maak maar aan hierdie het ek nog nooit gedink! Baie bly niemand is beseer (kan dink die paniek tydens landing!) en goed gedoen kaptein en personeel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.