[Foto’s] Vliegtuig doen noodlanding op snelweg

Foto: Arrive Alive

Foto: Arrive Alive

ʼn Pa en sy seun het Vrydagmiddag op die N14 naby Lanseria, noordwes van Johannesburg ʼn noodlanding met hul ligte vliegtuig gedoen.

Arrive Alive berig geen beserings is aangemeld nie.

Die vliegtuig behoort aan ATS Aviation en die pa en sy seun was die enigste persone aan boord.

Claudette Vianello, woordvoerder van Lanseria-lughawe, het aan eNCA gesê die vliegtuig was nie op pad om by Lanseria te land nie en het ook nie van daar af opgestyg nie.

Volgens Arrive Alive het die vliegtuig se enjin onklaar geraak, vermoedelik weens hidroliese probleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HEVW ·

Maroela lees weer die eerste sin van die berig. Ek verstaan ons almal maak maar n foutjie. Is dit maar soos die snelwee deesdae lyk met die grond so op die ryvlak? Beslis agteruitgang.

Uys ·

HEVW die snelweg word herbou en daar is net eenbaan oop Beide rigtings.

Dave ·

Soos jy sê HEVW, ons almal maak foute. Jou beurt gewees hierdie keer. Sê ‘askies Maroela’.

Uys ·

Die noodlanding was nie eers naby Lanseria nie. Op die fotos kan die privaat hangers en aanloopbaan gesien word naby Diepsloot.

Peet Schabort ·

Ek het al voorheen melding gemaak dat Maroela ook gesteld is op korrekte Afrikaans. Vir my gaan dit nie om oor onbenullighede ‘n oragie te maak soos byv. die ekstra ‘gedoen’ in die eerste paragraaf. Iets soos dit glo ek kan ons almal mee saamleef.
Wat egter die korrekte gebruik van ‘hidroliese probleme’ betref is daar ‘n verskil wat Maroela ook vir ons kan verduidelik. Ek het dat dit moet wees ‘hidrouliese probleme’ menende ‘hidroulies’ vir ‘n vloeistof in ‘n pyp waar seer sekerlik in hierdie geval dit olie is. Bestaan die woord ‘hidrolies’ ? Die naaste wat my HAT gee is ‘hidrologie’ wat met water te doen het.
Ook het ek voorheen melding gemaak dat jonger lesers aangespoor moet word om die regte woorde te gebruik. Wat ons ouer lesers betref is daar seker geen salf aan te smeer . . .

Dave ·

Peet, my vertaker verstaal ‘hidroliese sisteem’ na hydraulic ‘system’ en dit ken nie die woord ‘hidroulies’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.