[Foto’s] Vliegtuig stort neer op strand

Die vliegtuig wat geval het. Foto: Verskaf

Twee vlieëniers het Saterdag sonder enige beserings van ʼn vliegtuigongeluk op ʼn strand by Illovo in KwaZulu-Natal weggestap.

“Paramedici van Rescue Care het net ná 07:00 op ʼn noodgeval gereageer en by hul aankoms ʼn ligte vliegtuig op sy dak op die strand naby Elizabethweg aangetref,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van dié ambulansdienste, gesê.

“Die twee insittendes is buite die vliegtuig aangetref en het geen beserings tydens die ongeluk opgedoen nie.”

Dit is nog nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie. Owerhede was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Arie ·

Klassieke geval van n noodlanding wat volgens voordkrif uitgevoer is en wat op die heel laaste moment verkeerd gegaan het.
Omdat dit vilgens voirskrif uitgevoer is is beserings tot minimum beperk.

Casper Labuschagne ·

As na die foto links onder gekyk word, kan gesien word hoe daar ‘n diep voor in die sand gekerf is tot regvoor die vliegtuig wat onderstebo lê. Dit is presies wat gebeur as ‘n vliegtuig ‘n noodlanding doen op los sand, en waar soveel van die skroef en onderstel in die sand inploeg dat die vliegtuig dan omslaan en die voorkant wys in die rigting waarvandaan die vliegtuig gevlieg het.

Houtoog ·

‘Vliegtuig stort neer’ en’vliegtuig wat geval het’? Eerder ‘Vliegtuig doen noodlanding’ en ‘vliegtuig na noodlanding’. Duidelik ‘n noodlanding en nie uit die lug geval of neergestort.

Oop oge ·

Dis n beheerde landing… waarvan die digtheid van die sand veroorsaak het dat die gewig van die vliegtuig se neus die (klein)neuswiel dieper in die sand gedruk het namate die spoed afgeneem het. Die wiel se diepte in die sand teenoor die vermindere spoed, het uiteindelik die vliegtuig gat oor kop laat gaan, toe dit vasgeteek het.

Die distansie wat die vliegtuig aan die einde van die sandvoor lê, bewys dat daar uiteindelik omtrent geen momentum meer oor was nie. Daarom dat daar ook geen noemenswaardige skade aan prop of neus is nie.

Indien daar n sterk wind van voor af sou gewaai het, sou die vliegtuig eenvoudig net teruggeval het op die laaste oomblik.

Vermeende ·

MM, as ek so na die merke is die sand kyk dag lyk dit eerder of die vlieenier n noodlanding gemaak het en uit die lug uit neer gestort het nie.

Cherokee ·

humor, jou kommentaar is sinvoller as die ‘slim manne’ wat ieder en elk klaarblyklik sonder rede laat besluit dit was ‘n noodlanding. Daar is soveel meer wat kon gebeur het soos bv nalatigheid wat ‘n staking (nie enjin maar spoed) net bo die sand kon veroorsaak het en wat hulle onwillekeurig neus in die sand laat steek het.

Cherokee ·

Iets anders wat vreemd is het so pas, soos in nòu, gebeur. Die Symphonia het om 16:15 vertrek, terug beweeg en weer geanker en daar vertrek dit nou16:35 weer. Wonder wat die rede daarvoor was.

Chris Ws ·

‘n Suksesvolle noodlanding op ‘n strand.Knap gedaan mnr.die vlienier!Bly julle is nie beseer nie.

piper ·

ek self ook n stukkie strand gekoop n klompie jare terug. gelukkig kon my vliegtuig sy wiele intrek en het ek hom op sy pens oor die sand laat gly sonder dat hy omslaan. ek en my maat het sonder n skrapie weggestap.

Vra Net ·

Die berig lees 2 vlieeniers ek sou dink dit is 1 vlienier? vra maar net

Cherokee ·

Vra Net, wanneer ek kyk na die kite en ‘n raaiskoot waag, dan is daar ‘n moontlikheid dat dit vir opleiding gebruik was en dat daar ‘n instrukteur en leerlingvlieënier aan boord was. Dit kan wees hoe daardie ongeluk gebeur het.

Maar terloops, ek het jàre gelede ook ‘n vliegtuig op sy dak geland in ‘n vars geploegte mielieland en ons was twee vlieëniers aan boord. Ek sou alleen vlieg die oggend en toe ry ‘n vriend wat daarvan geweet het na die vliegveld en vlieg saam. Dit was ‘n noodlanding gewees wat glad verloop het tot by ‘n hoë erosiewal wat die vliegtuig laat bollamakiesie het. Vriend het heelhuids uitgeklim en ek het mooi helder geword terwyl ‘n dokter ‘n sny aan my voorkop geheg het. Het steeds die litteken as herinnering en ons albei was okay.

Cherokee ·

Maroela Media, waarom bly jul webwerf vra om ‘my location’ terwyl dit reg ingestel is in die settings? Die probleem is op jul stelsel want ek het dit op twee rekenaars. Al word dit weggekliek is dit terug wanneer die volgende berig oopgemaak word.

Phillip ·

Dagsê Cherokee

Dankie vir jou terugvoer en ons is jammer oor dié lastige boodskap! Kan ons vra dat jy0asseblief sommer op die “allow”-knoppie sal klik (die webwerf sal jou dan nie weer hieroor pla nie). Wees ook gerus dat ons hoegenaamd geen persoonlike besonderhede van jou opneem nie – dis regtig net die gebied van waar jy Maroela besoek.
Ons kan Maroela Media gratis aan ons lesers verskaf danksy ons adverteerders. Om ons webwerf meer aantreklik te maak vir adverteerders (en steeds gratis Afrikaanse nuus aan julle te verskaf), gaan dit ons baie help as ons kan sien presies waar ons lesers oral geleë is. In die toekoms gaan ons waarskynlik ook vir jou ‘n baie meer verpersoonlikte diens kan bied. Baie dankie en hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam.

Groete
Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Cherokee ·

Baie dankie vir die oplossing Phillip. Wat vir my onverstaanbaar was, is dat Location is switched on maar ek bly die boodskap kry. Na ek jou gelees het, het ek gevind ek moes verder scroll en vind:
‘Choose Apps that can use your precise location’
Daar was dit af gewees as default. Switch News on. Nou is alles lekker. Ek verstaan wat jy sê en besef die nodigheid daarvan. Dankie ook vir die nuus oor wat op pad is en die mooi wense.
Vir enig iemand anders wat dieselfde probleem ervaar, scroll down :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.