Foto’s: Vliegtuig val in Pretoria

Foto verskaf aan Maroela Media

ʼn Vliegtuig het Dinsdagmiddag naby Sakabukalaan in Montana Park, Pretoria geval.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê dit is nog nie duidelik of paaie in die gebied gesluit sal word nie.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdiens, het bevestig minstens 19 persone is beseer.

Paramedici en nooddienste is nog besig op die toneel.

Verdere inligting is nog nie dadelik beskikbaar nie. Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco Olckers ·

Ek het die vliegteig gesien laag oor ons huis in Bon Accord vlieg. Daar het rook uit die linker enjin gekom maar niks het snaaks geklink nie. Dit het gelyk of hulle maar net laag vlieg. Ongeveer 20 meter hoog.

Willem ·

Dit is darem baie laag oor jou huis …. 20 meter! Daar was verseker erge fout, maar jy sê niks het snaaks geklink nie? Ek dink jy kan bly wees jy is gespaar om hierdie te kan deel.

Madeleine Heyns ·

Die straat Sakabuka is nie in Montana Park nie. Is eerder Pumalani AH naby Moloto pad oppad na Kameeldrif.

Chris Ws ·

Dis duidelik die loods het ‘n noodlanding uitgevoer.Anders was daar mense dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.