Drie mense is beseer en het brandwonde opgedoen toe ʼn ligte vliegtuig Dinsdagmiddag by die Lanseria Internasionale Lughawe naby Johannesburg ʼn noodlanding moes uitvoer en daarna aan die brand geslaan het.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vliegtuig het omstreeks 15:30 gepoog om ʼn noodlanding uit te voer toe dit kort ná die landing aan die brand geslaan het.
Pieter Roets, ʼn vlieginstrukteur van Skyhawk Aviation wie se kollega, Dayne Munro, op die toneel was, het aan Maroela Media gesê dit wil voorkom of die vliegtuig, ʼn Cessna Falcon 402, se enjin krag verloor het nadat dit opgestyg het. Die vliegtuig moes land en het die aanloopbaan skrams gemis. Die vlieënier en twee passasiers was aan boord.
Paramedici van verskeie nooddienste het na die drie beseerde mans aan boord omgesien.
“Die mans het almal matige beserings opgedoen. Netcare 911 het twee van die mans op die toneel behandel en na ʼn hospitaal met ʼn brandsorgeenheid in Johannesburg geneem vir verdere behandeling,” het sy gesê.
Die derde man is deur paramedici van ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal geneem.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die burgerlugvaartowerheid ondersoek.
- Die vliegtuig se wrak. Foto: Via HALO AVIATION (@HALO_Aviation) op Twitter
- Die vliegtuig se wrak. Foto: Via HALO AVIATION (@HALO_Aviation) op Twitter
- Die vliegtuig se wrak. Foto: Via HALO AVIATION (@HALO_Aviation) op Twitter
- Die vliegtuig se wrak. Foto: Verskaf aan Maroela Media
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
My gelukwense gaan aan die vlienier wat sy eie en 2 ander mense se lewens gered het met sy vernuf.Knap gedaan mnr.die loods!Ek wens almal ‘n spoedige herstel toe.
hoe is dit dan dat die vliegtuig n ZU registrasie het.
dankie andre, maar hoekom die vliegtuig so verander want dis duur en met ZU registrasie mag jy nie geld verdien nie
Verbeel ek my of is daar ten minste 4 insidente die laaste week alleen gewees waar ligte vliegtuie in die moeilikheid beland het en mense selfs dood. Kan julle pilots daar buite asb enige lig werp op ‘n öenskynlike hoër insidensie?
ek het meer as 40 jaar lank self gevlieg met my eie vliegtuie. dit was wonderlik en ek het al 4000 vliegure geniet, party minder of meer as die ander, jy kan nie n enkele probleem he vir die vlieg ongelukke nie. dit is baie meer kompleks as dit, n groot faktor is jou persoonlike benadering oor vlieg,