[Foto’s] Vliegtuig vat vlam ná noodlanding by Lanseria

Die vliegtuig se wrak. Foto: Via HALO AVIATION (‏@HALO_Aviation) op Twitter

Die vliegtuig se wrak. Foto: Via HALO AVIATION (‏@HALO_Aviation) op Twitter

Drie mense is beseer en het brandwonde opgedoen toe ʼn ligte vliegtuig Dinsdagmiddag by die Lanseria Internasionale Lughawe naby Johannesburg ʼn noodlanding moes uitvoer en daarna aan die brand geslaan het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vliegtuig het omstreeks 15:30 gepoog om ʼn noodlanding uit te voer toe dit kort ná die landing aan die brand geslaan het.

Pieter Roets, ʼn vlieginstrukteur van Skyhawk Aviation wie se kollega, Dayne Munro, op die toneel was, het aan Maroela Media gesê dit wil voorkom of die vliegtuig, ʼn Cessna Falcon 402, se enjin krag verloor het nadat dit opgestyg het. Die vliegtuig moes land en het die aanloopbaan skrams gemis. Die vlieënier en twee passasiers was aan boord.

Paramedici van verskeie nooddienste het na die drie beseerde mans aan boord omgesien.

“Die mans het almal matige beserings opgedoen. Netcare 911 het twee van die mans op die toneel behandel en na ʼn hospitaal met ʼn brandsorgeenheid in Johannesburg geneem vir verdere behandeling,” het sy gesê.

Die derde man is deur paramedici van ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die burgerlugvaartowerheid ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Chris Ws ·

My gelukwense gaan aan die vlienier wat sy eie en 2 ander mense se lewens gered het met sy vernuf.Knap gedaan mnr.die loods!Ek wens almal ‘n spoedige herstel toe.

Cherokee ·

Wat ek soort van interessant vind aan die gebeure is dat ek dekades gelede geleer is, ‘as enjin faal, moet nooit soos in nooit probeer terugdraai na die vliegveld. Soek landingplek net daar.’

Andre ·

Is gemodifiseer van dubbel suier enjins na enkel turbine enjin en verloor so sertifisering.

Cherokee ·

ZS type-certified aircraft
ZT type-certified rotorcraft
ZU non-type certified aircraft

piper ·

dankie andre, maar hoekom die vliegtuig so verander want dis duur en met ZU registrasie mag jy nie geld verdien nie

popeye ·

Verbeel ek my of is daar ten minste 4 insidente die laaste week alleen gewees waar ligte vliegtuie in die moeilikheid beland het en mense selfs dood. Kan julle pilots daar buite asb enige lig werp op ‘n öenskynlike hoër insidensie?

Cherokee ·

(1) Wyer media dekking, digitaal ens. en (2) meer lugverkeer popeye.
Dit verander egter nie die feit dat daar in dieselfde tydperk hope meer padongelukke was en dat vlieg steeds die veiligste vorm van vervoer is.

AviatorMan ·

Popeye, ek dink die rede is eintlik eenvoudig…. Aviation incidents gebeur eintlik meer gereeld as wat jy dink…. die verskil is net, hulle is nie almal fatal nie…. ongelukkig waneer een gebeur (soos die), en die media is klaar op ‘n field day uit om aviation accidents / incidents te cover, soos hulle nou het oor die laaste week, is elke klein gebeurtenis groot nuus… maar sodra dit bedaar, sal jy weer vir lank niks hoor oor die kleiner insidente soos die een nie… #NetMyOpinie.

Dan based op die “hoë” incident rate…. Ek dink as jy ‘n sommetjie moet doen van Total Aircraft Movements Per Day vs. Incidents en Total Vehicle Movements Per Day vs Incidents, is Air Travel se safety record enige ander mode of transport ligjare voor…..

piper ·

ek het meer as 40 jaar lank self gevlieg met my eie vliegtuie. dit was wonderlik en ek het al 4000 vliegure geniet, party minder of meer as die ander, jy kan nie n enkele probleem he vir die vlieg ongelukke nie. dit is baie meer kompleks as dit, n groot faktor is jou persoonlike benadering oor vlieg,

Johann ·

Is dit nie toevallig dat in die jongste tyd daar nou weer heelwat vlieg ongelukke is nie

Jay ·

Ja die insidente raak al hoe meer en hoe meer ons vra dat daar strenger opgetree word, hoe meer sal Cherokee en Lynette en almal wat ‘n voice het OPKOM vir hulle. Al wat gebeur, meer lewens word verloor want ERENS is daar fout maar as almal hulle die hele tyd beskerm, gaan meer mense sterf. Denial is NIE ‘n oplossing van wat in lugvaart aangaan nie . veral nie klein vliegtuigies nie, daar is FOUT, maar niemand wil dit erken nie, almal vertel jou net hoe STRENG is hulle . ek weet gelukkig van beter . maar ja . go with the flow . more people are going to die.

Belaglik ·

Cherokee dis belaglik dat jy altyd vliegongelukke met padongelukke probeer vergelyk om te vertel hoe VEILIG is lugverkeer. ELke lewe wat verloor word is waardevol en duidelik is daar fout by die bedryf, veral met klein vliegtuie wat meestal sleg onderhou word (ontken dit maar soos jy wil). Maar nee kom ons druk ons kop in die sand en konsentreer op die miljoene motors op paaie wat jy met vliegtuie vergelyk. Dis belaglik man. Die berig gaan oor vliegongelukke wat toeneem, die padongelukke is nie jou probleem nie, en daar is miljoene meer motors op die paaie as vliegtuie in die lug, so asb word groot en gee ander ook ‘n kans om te praat sonder om ‘beter te wil weet’.

Grens ·

Belaglik – die stelling dat ligte vliegtuie meestal sleg onderhou word, kan jy asb ‘n paar voorbeelde of bewyse van jou stelling lewer??

Olga ·

Van al die vliegtuig ongelukke wat ek lees is ek dood bang om te vlieg

Cherokee ·

Maar jy ry steeds met ‘n glimlag in karre, Olga?
Wanneer vliegtuie in teenoorgestelde rigtings vlieg is daar ‘n 100vt verskil in hoogte. Wanneer karre in teenoorgestelde rigtings ry is dit op dieselfde hoogte met 3 meter, 2 meter of selfs minder ruimte tussen voertuie. As daar ‘n dreigende ongeluk is tussen voertuie het die bestuurder breukdele van sekondes om dit te verhoed, indien enige tyd. Indien ‘n vliegtuig probleme sou optel het die vlieënier minute om iets ‘n oplossing te bewerkstellig want die grond is 1000’e voete en minute ver. Die risikos is nie vergelykbaar nie.

Arnold Botha ·

Cherokee as jy se daar is meer motor ongelukke en dat vlieg veiliger is ,neem ek aan die stelling is persentasie gebasseer wat hoeveelhede motors en ure op die pad in ag neem ??
Indien nie wonder ek of die stelling nog waar is ?

Cherokee ·

Geensins Arnold. Dit berus grootliks op my verduideliking aan Olga.

Argus ·

WHO syfers vir SA in 2013:
Sterftesyfer per 100 000 inwoners per jaar – 25.1
Sterftesyfer per 100 000 motorvoertuie per jaar – 133.9
Totale padsterftes vir 2013 – 13 , 273 ( dit is 36 sterftes per dag op ons paaie).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.