Foto’s: Vloede in Ellisras

Ellisras se hoofstraat. Die foto is Dinsdag geneem.

Ellisras se hoofstraat. Die foto is Dinsdag geneem.

Gedeeltes van Lephalale (Ellisras) het Dinsdag ná swaar reën oorstroom en ʼn gedeelte van ʼn pad naby die dorp het heeltemal weggespoel.

Die Limpopo-polisie het gesê drie mense in die provinsie word vermis en het vermoedelik in die vloedwater verdrink. Een van die persone wat nog vermis word, is die 69-jarige Elizabeth Sparrow. Sy en haar man Eric (74) is Vrydag deur vloedwater meegesleur terwyl hulle in die onderdakswembad by die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord geswem het. Lees meer hier.

Intussen het die Mpumalanga-polisie Dinsdag bevestig dat 11 mense reeds weens vloede in die provinsie verdink het.

Foto’s volg van verskeie bronne, waaronder Polla Vos.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsje Groenewald ·

Ai ek voel so jammner vir die mense,dis groot skade. Sterkte aan almal.

martie ·

Baie sterkte vir hierdie mense…Ek bid vir hulle vir God se genade…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.