Foto’s: Vodacom laat Fochville-kliënt rooi sien

Een van die baniere. Foto: Verskaf aan Maroela Media

Een van die baniere. Foto: Verskaf aan Maroela Media

Etlike maande nadat ʼn ontevrede Cell C-kliënt ʼn herrie veroorsaak nadat hy ʼn groot advertensiebord in Johannesburg opgerig het om sy ontevredenheid met dié diensverskaffer te beklemtoon, het ʼn inwoner van Fochville in Gauteng die strate ingevaar om aan sy ontevredenheid oor Vodacom uiting te gee.

Die ontevrede kliënt het na bewering Donderdag drie groot baniere op die heining van ʼn oop erf in ʼn woonbuurt van die klein dorpie opgerig wat lui:

  • Een van die baniere. Foto: Verskaf aan Maroela Media

    Nog ‘n banier. Foto:  Jan Krijt

    Vodacom – Cannot give signal/coverage to this part of Fochville (those ads about coverage are probably bull…) [Vodacom – kan nie sein verskaf aan dié deel van Fochville nie (daardie advertensies oor dekking is moontlik bog…)]

  • Vodacom – The co. where staff members do not answer phones or read letters. [Vodacom – Die maatskappy waar personeel nie hul telefoonoproepe beantwoord of briewe lees nie.]
  • Vodacom – The co. where the CEO (Mr. MSA Joosub) apparently does not answer letters. [Vodacom – Die maatskappy waar die uitvoerende hoof (mnr. MSA Joosub) blykbaar nie briewe beantwoord nie.]
Die laaste banier. Foto:  Jan Krijt

Die laaste banier. Foto: Jan Krijt

Jan Krijt, ʼn inwoner van die dorp, het Donderdag die baniere afgeneem en foto’s daarvan aan Maroela Media verskaf.

Richard Boorman, woordvoerder van Vodacom, het Vrydag aan Maroela Media bevestig Vodacom is bewus van die baniere en verstaan die kliënt se frustrasie.

“Daar is twee basisstasies in Fochville wat dekking in die gebied verskaf,” het Boorman gesê. “Die kliënt se eiendom is in die seinskadu van  ʼn heuwel geleë en daar is nie baie goeie sein nie. ʼn Baie klein gedeelte op die buitewyke van die dorp word hierdeur geraak.”

Boorman het gesê die kliënt het in April gekla dat sy sein verder versleg het. “Ons ingenieurs het bevestig dat daar geen verandering aan die netwerk op daardie datum in die gebied was nie. Ons het aangebied om ʼn versterker by die kliënt se huis aan te bring, wat in daardie stadium nie ʼn aanvaarbare oplossing was nie. Ons verstaan die kliënt se frustrasie, maar in dié stadium is daar nie ʼn korttermynoplossing nie.”

Volgens Boorman gaan ʼn span ingenieurs vandag [Vrydag] die kliënt se eiendom besoek om vas te stel wat veroorsaak dat sein daar verlore gaan en om weer die moontlikheid van ’n versterker te bespreek.

“Die ideaal sal wees om ʼn werkbare langtermynoplossing te vind. As ons nie vir hom sein kan verskaf nie, sal ons die opsie bespreek om sy kontrak te kanselleer sonder koste aan die kliënt.”

Maroela Media het in November verlede jaar berig ʼn ontevrede kliënt het ʼn advertensieveldtog teen Cell C van stapel gestuur deur ʼn reuse-banier voor ʼn winkelsentrum te hang met die woorde: “Die mees nuttelose diensverskaffer in SA – Cell C Sandton City”. Lees meer oor dié aangeleentheid hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Piet Pompies ·

Baie goed gedoen en ek sal jou ook ondersteun oor Vodacom se swak diens, die inbelsentrum se oproepe word net nie beantwoord, e-posse word ook nie beantwoord. Vodacom dink hulle is groot, ons gesin het 3 kontrakte by Vodacom, die een het verval en ek beplan om hom by ‘n ander diensverskaffer aan te sluit, die ander twee volg ook die jaar. Maak hom seer waar dit saak maak, vat jou geld weg, dan kan hy nie ‘n bestaan maak.

rudolph ·

ek stem saam het oneindige probleme al gehad met Vodacom en dan moet mens met nog met n masjien praat as jy probeer bel..Jan wel done dink dis tyd dat mense begin om drastiese stappe te neem om die maatskappye wat reken hul is onaantasbaar so bekend te stel..

Lappop ·

Mooi so Jan! Ons bly te maklik stil en aanvaar swak diens waarvoor ons duur betaal.

AH ·

Kyk na Vodacom se houding as hulle nie diens kan verskaf nie kaseleer hulle die kontrak baie duidelik kliente is nie nie belangrik nie

Peet Schabort ·

Ek weer het nie al my banktransaksies per sms gekry wat ‘n verleentheid was.
Verandering na Cell-C het gemaak dat ek klokslag alles per sms kry.

Hester Kirsten ·

Mooi so in Carletonville het ons ook al gekla , netwerke gekontak en probeer om n toring te kry vir die plotte maar alles verniet. Ons ry dorp toe om eposse of internet op ons selfone te gebruik. Ons het van die beste selfone maar dis nutteloos vir oproepe , eposse of internet. Verder het ons Mtn ,Vodacom, Virgin mobile en Cell C en nie een is nuttig nie.

Jonathan ·

vodacom gaan jou vir n baie lang tyd aan die neus rond ly hulle het die virmoe kry vir jou n ander netwerk spaar jou baie mooite en vodacom ongerief

Berhalet Beukes ·

Bietjie tyd dat ons gesien word as niemand ons wil hoor nie! :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.