Foto’s: Voertuie in ligte laaie tydens betoging

Die uitgebrande bakkie. (Foto: ANA)

Ontstoke betogers het Woensdagoggend ʼn bus en ʼn bakkie tydens protesaksie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap aan die brand gesteek.

Kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê dié voertuie is op Missionweg in Westville naby Kwadwesi aan die brand gesteek toe inwoners opgeruk het oor ontevredenheid oor munisipale dienste en ʼn gebrek aan elektrisiteit in dié gebied.

’n Groep van sowat 100 inwoners het sedert 05:00 dié pad met brandende bande versper waarna die voertuie aan die brand gesteek is. Teen 06:30 was die bus en bakkie heeltemal uitgebrand.

Die polisie se eenheid vir openbare orde was op die toneel en het die skare verjaag.

Die pad is sedertdien weer oopgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ben

Dit is tragies dat mense nie die verstand het om by die regte persone in die regering te gaan kla oor swak dienslewering nie maar liewer onskuldige mense se eiendom te verwoes. So kom die Armoede aangestap. Gaan jy vir ‘n mens iets gee as jy weet hy gaan die iets aan die brand steek?

Geregtigheid !!!

Hulle wou dan nou die ANC aan bewind gehad het. Hoe nou !!!!! Weet nie wat hulle wil hè nie !!!!!

Jepetto

Barbariens sal ook nooit uitsterf nie dis 2019

Thinus

Hierdie mense se vlak van logika is verstommend. Hulle wil krag verniet he, hulle wil water verniet he, hulle wil dienste vetniet he. Hulle wil als he maar vir niks betaal nie. So reken die massas nou dat die res vir hul demands moet betaal tetwyl hulle dit misbruik en as hulle nie hul sin kry nie, gaan hulle soos hooligans tekere en brand bande, voertuie ens todat hulle hul sin gekry het? Almal van hulle is dieselfde, brand, breek af, vernietig en kom weg daarmee. Patetiese regering wat geen beheer oor hulle eie mense het nie. Ons kort ons… Lees meer »

toy

Hulle bring die swaarkry oor hul self, kan hulle nie liewers iet positiefs doen nie.