
Foto: Netcare
ʼn Vrou is beseer toe sy Vrydagoggend met haar voertuig deur ʼn huis se dak geploeg het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Vrydag teen 07:43 in Riverdenelaan in Newlands in KwaZulu-Natal plaasgevind.
“Dit blyk die bestuurder van die voertuig het nagelaat om by ʼn T-aansluiting stil te hou. Die voertuig het toe deur ʼn grensmuur gebars voor dit deur ʼn huis se dak geploeg het. Die presiese oorsaak sal egter deur die polisie ondersoek word,” het Botha gesê.
Die voertuig is in ʼn spaarkamer van die huis aangetref met die bestuurder steeds in die voertuig. “Drie kinders was ten tyde van die voorval tuis, maar was gelukkig in ander vertrekke van die huis toe die voertuig deur die dak gebars het,” het Botha verduidelik.
Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die vrou sterk tans in ʼn hospitaal aan. “ʼn Deel van die huis se muur en dak het op die voertuig beland,” het McKenzie gesê.
Meganiese toerusting moes gebruik word om die rommel van die voertuig en sodoende die bestuurder te bevry. “Paramedici moes oor die puin klim met hul toerusting voor die vrou gestabiliseer kon word,” het Botha gesê.
- Foto: Netcare 911.
- Foto: Netcare 911.
- Foto: Netcare 911.
- Foto: ER24.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
“Nagelaat” ??? Jy laat dit na om jou voordeur behoorlik te sluit, of die toilet behoorlik te spoel, jy laat dit nie na om behoorllik te stop nie. Nalatigheid is ‘n meer gepaste woord. Lyk my sy het ook “nagelaat” om by die spoedgrens te hou.
Passop
Ek hoop sy herstel die skade aan die huis voordat sy dit ook nalaat- herhinner haar asb?
Iemand het ook nagelaat om stil te hou by n vulstasie. Syf in my mofor vasgejaag waar ek petrol ingegooi het. Syt ook nagelaat om versekering te he en ook nagelaat om n bestuurslisensie te he. Syt ook nie werk nie. Het ook nagelaat om te verseker of die motor gesteel was wat sy gekoop het. Gelukkig het nienalatig gewees nie. My versekering en ek dra aldie kostes. Hoop hierdie mese is meer gelukig ascek
Hier by ons het nog ‘n “persoon” nagelaat om ‘n sirkel te gebruik waarvoor dit daar is, nl. hy’s rond, so ry OM hom. Nie reguit oor, deur heining tot op golfbaan. Sy het nie besef dit was ‘n sirkel.