Foto’s: Vragmotor slaan om op N1

Die vragmotor wat op 20 Februarie 2015 naby die Maraisburg-brug op die N1 in Gauteng omgeslaan het Foto: @pigspotter, Twitter

Die vragmotor wat op 20 Februarie 2015 naby die Maraisburg-brug op die N1 in Gauteng omgeslaan het Foto: @pigspotter, Twitter

Drie mense is Vrydag beseer toe ʼn vragmotor op die N1 naby die Maraisburg-brug in Gauteng omgeslaan het.

“Die vragmotor het vermoedelik ʼn versperring getref voor dit omgeslaan het,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Twee mense is uit die voertuig geslinger en nog ʼn persoon was in die wrak vasgekeer.”

Rossouw het gesê een van die persone het kritieke beserings opgedoen en is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die pasiënt het moontlik onder andere sy bekkenbeen gebreek.

Die twee ander pasiënte het ernstige beserings opgedoen en is ook na ʼn hospitaal geneem.

“Owerhede was op die toneel. Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.