ʼn Vragmotorbestuurder het Donderdagmiddag ternouernood aan die dood ontkom nadat sy vragmotor voor ʼn trein beland het naby die Ferreira-kleinhoewes buite Bloemfontein.
“Die vragmotor was gedeeltelik rondom die voorkant van die lokomotief gevou,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Dele van die vragmotor was oor ongeveer 75 meter versprei.”
Die bestuurder van die vragmotor is tydens die impak uit die voertuig geslinger. “Hy het slegs geringe beserings opgedoen,” het Meiring bygevoeg. Hy is op die toneel behandel voordat hy na die Pelonomi-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Niemand in die trein het beserings opgedoen nie.
Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
- Die ongeluk naby die Ferreira-kleinhoewes buite Bloemfontein op 11 Februarie 2016 Foto: ER24
- Die ongeluk naby die Ferreira-kleinhoewes buite Bloemfontein op 11 Februarie 2016 Foto: ER24
- Die ongeluk naby die Ferreira-kleinhoewes buite Bloemfontein op 11 Februarie 2016 Foto: ER24
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Stel asb ondersoek in na die treindrywer se boeld toestand. Het hy alkol/verdowings ingehaad?
Re ‘Niemand in die trein het beserings opgedoen nie’.
Treine wat karre stamp bly gewoonlik heel ongeskonde.
Wat soek die trein daar??
Hoe het die vragmotor voor die trein beland? Ek dog Superman bestaan nie regtig nie.
Dis baie duidelik die trein het stadig beweeg met die botsing anders was die vragmotor nie so min beskadig nie EN die bestuurder sou dit nie oorleef het nie.Die trein drywer het waarskynlik gesien die mal bestuurder wil probeer voor hom by die spoor oorweg wees en oorgaan toe rem hy solank.Dit sien mens dikwels.
Toe kom die trok bestuurder met n bang agter dit was nie n rooi verkeers lig nie.