[Foto’s] Vragmotorbestuurder oorleef wonderbaarlik

Die ongeluk naby die Ferreira-kleinhoewes buite Bloemfontein op 11 Februarie 2016 Foto: ER24

Die ongeluk naby die Ferreira-kleinhoewes buite Bloemfontein op 11 Februarie 2016 Foto: ER24

ʼn Vragmotorbestuurder het Donderdagmiddag ternouernood aan die dood ontkom nadat sy vragmotor voor ʼn trein beland het naby die Ferreira-kleinhoewes buite Bloemfontein.

“Die vragmotor was gedeeltelik rondom die voorkant van die lokomotief gevou,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Dele van die vragmotor was oor ongeveer 75 meter versprei.”

Die bestuurder van die vragmotor is tydens die impak uit die voertuig geslinger. “Hy het slegs geringe beserings opgedoen,” het Meiring bygevoeg. Hy is op die toneel behandel voordat hy na die Pelonomi-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Niemand in die trein het beserings opgedoen nie.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DPJ ·

Stel asb ondersoek in na die treindrywer se boeld toestand. Het hy alkol/verdowings ingehaad?

Dee ·

Re ‘Niemand in die trein het beserings opgedoen nie’.
Treine wat karre stamp bly gewoonlik heel ongeskonde.

Asjas ·

Wat soek die trein daar??
Hoe het die vragmotor voor die trein beland? Ek dog Superman bestaan nie regtig nie.

Lynette ·

Ai Asjas, wat vra jy tog? Die trein was op sy spoor waar anders moes hy wees? Die vragmotor het voor trein verby gery op n oorgang. Wat anders dink jy?

Dee ·

Lynette.. jy is ongelooflik skerp! Terwyl ‘n menigte wonder oor wat gebeur het en hoe die trein daar beland het som jy dit op in sekondes en verduidelik hoe die lorrie daar beland het!

Dee ·

Asjas, ek lei af jy wonder wie was eerste daar en of die trein op size staatgemaak het en ingedruk het.

Chris W ·

Dis baie duidelik die trein het stadig beweeg met die botsing anders was die vragmotor nie so min beskadig nie EN die bestuurder sou dit nie oorleef het nie.Die trein drywer het waarskynlik gesien die mal bestuurder wil probeer voor hom by die spoor oorweg wees en oorgaan toe rem hy solank.Dit sien mens dikwels.

Hendrik ·

Toe kom die trok bestuurder met n bang agter dit was nie n rooi verkeers lig nie.

Wat-ek-lees ·

Ek sien op die kajuit van die vragmotor staan daar ‘Witbul’. Die trein is seker ‘Rooibul’ ? Duidelik wie het gewen. Onthou tog net een ding wat ek jare gelede al weet en dit is: “TRAIN THE MIND TO MIND THE TRAIN”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.